#PasIn: Moordverdagte borgtog geweier
Mnr Ruben Montgomery (57), wat van moord en poging tot moord aangekla word, is borgtog geweier nadat hy Dinsdag sy eerste verskyning in die Walvisbaai-landdroshof gemaak het.
Montgomery het voor landdros John Sindano verskyn, wat die saak tot 13 April vir verdere ondersoek uitgestel het. Hy het die beskuldigde ingelig oor sy regte om regsverteenwoordiging te bekom, om vir regshulp aansoek te doen, of homself te verteenwoordig. Montgomery het aangedui dat hy die verduideliking verstaan en privaat verteenwoordiging sou soek.
Die beskuldigde is borgtog geweier op grond daarvan dat dit nie in die publiek se belang is nie en dat die beskuldigde met die voortgesette polisieondersoek kan inmeng.
Luidens ’n voorvalverslag wat deur die polisie verskaf is, het daar na bewering ’n argument tussen die verdagte en sy skoonsuster (sy broer se vrou) uitgebreek. Sy het die verdagte aangesê om sy besittings te vat en haar eiendom te verlaat. Die verdagte het na bewering die eiendom verlaat maar toe met 'n skerp voorwerp (mes) wat onder sy klere versteek was, teruggekeer. Hy het sy skoonsuster op haar regtervoorarm gesteek en nog ’n vrou, Hester Maria van Zyl, in die bors en op die hand toe sy hom uit die kamer wou druk. Die slagoffers het daarin geslaag om die deur te sluit, maar die verdagte het dit oopgebreek en aangehou om hulle verskeie kere met die mes te steek.
Van Zyl het ernstige beserings opgedoen en op die toneel aan haar beserings beswyk. Die skoonsuster het ook ernstige beserings opgedoen en is na die Walvisbaai-staatshospitaal geneem waar sy opgeneem is en voorberei word om na die Windhoek-hospitaal oorgeplaas te word vir verdere behandeling. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie