#PasIn: Skietvoorval naby Jimmy Bar
'n Namibiese man (27) is Dinsdag net voor middernag na bewering deur 'n onbekende verdagte naby Jimmy Bar in Mariental in die Hardapstreek geskiet. Volgens die polisie se kommunikasie-afdeling was die onbekende man met 'n pistool gewapen. Hy het vermoedelik begin op drie mense geskiet wat by 'n bushalte naby Jimmy Bar gestaan het.
"Een van die slagoffers is deur 'n koeël in sy linkerdy getref en is na die Mariental-hospitaal vir behandeling gehaas en is later na die Katutura-staatshospitaal oorgeplaas. Tydens die voorlopige ondersoek is agt 9mm-koeëls op die toneel gevind. Die motief vir die skietery is in dié stadium onbekend. Die ondersoek duur voort."

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie