#PasIn: Twee rylopers sterf in botsing tussen bussie en vragmotor
'n Vragmotor met 'n sleepwa het Vrydag omstreeks 23:28 by 'n T-aansluiting in Verddersdal, Okahandja, van agter teen 'n Quantum-bussie gebots en dit in 'n sloot gesleep. Die vragmotor het in vlamme itgebars, maar die bestuurder kon daarin slaag om betyds te ontsnap. Sy twee passasiers het egter in die brandende vragmotor verkool. Die bestuurder is met 'n gebreekte been in 'n ernstige maar stabiele toestand in die staatshospitaal op Okahandja opgeneem. Volgens die polisie se jongste misdaadverslag het hy die twee manlike rylopers van Otjiwarongo langs die pad opgetel en is hulle nie aan hom bekend nie. Al vyf die insittendes van die bussie en ingesluit die bestuurder is nie in die ongeluk beseer nie. Die polisie is steeds op soek na die naasbestaandes van die twee oorledenes.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie