#PasIn: Twee vas vir kinderverkragting die naweek
Twee mans is oor die naweek in hegtenis geneem vir vermeende kinderverkragting.
In die eerste geval is 'n 25-jarige man Vrydag in hegtenis geneem na hy glo 'n 8-jarige meisie by die Omutsegonime-nedersetting verkrag het. Hy sal na verwagting môre in die landdroshof op Tsumeb verskyn.
Volgens die jongste polisieverslag, het 'n 13-jarige meisie swanger geword het toe 'n ouer man haar glo verkrag het. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met hierdie geval nie.
'n Twee-en-twintig jarige man sal na verwagting môre in die landdroshof in Karibib verskyn na hy na bewering drie meisies van sewe en agt jaar by verskeie geleenthede verkrag en gemolesteer het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie