No Image Caption

#PasIn: Vyf verkragtings hierdie naweek aangemeld

Ellanie Smit
Vyf verkragtings is die naweek aangemeld, insluitend die groepverkragting van 'n 6-jarige meisie deur twee seuns (15 en 11 jaar oud) by die Uukango-nedersetting in die Ohangwenastreek. Daar word beweer die seuns het die meisie twee keer van die skool af huis toe agtervolg en haar verkrag.

By Gibeon is 'n 44-jarige vrou deur haar 42-jarige eks-kêrel by Plaas Groendoring verkrag. Na bewering het die verdagte die slagoffer gegryp terwyl sy geslaap het, haar na buite gesleep, uitgetrek en verkrag. Hy is die pa van twee van haar kinders en sy het hom glo verblyf aangebied; hy het egter seks geëis en sy het geweier.

Hy is gearresteer.

In 'n ander voorval is 'n 16-jarige meisie tussen 2021 en 2022 herhaaldelik deur twee Angolese burgers by die Onethika-nedersetting in die Olukonda-kiesafdeling in die Oshikotostreek verkrag. Daar word beweer die verdagtes was beeswagters wat in dieselfde huis as die meisie gewoon het, maar wat Namibië in 2022 op 'n onbekende datum verlaat het. Die voorval is nou eers by die meisie se pa aangemeld.

In nog 'n voorval, is 'n 15-jarige meisie Saterdag by die Kehemu-lokasie op Rundu verkrag. Die verdagte is bekend, maar is nog nie in hegtenis geneem nie.

Saterdag is ’n 20-jarige vrou deur ’n 33-jarige man in Kuisebmond in die Erongostreek verkrag. Daar word beweer dat die verdagte die vrou by 'n vriend se huis uitgetrek het nadat hulle saam gedrink het. Die verdagte is gearresteer.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!