Perd by Windhoek gesteel, geslag
Die kop en pote van 'n perd wat Woensdagnag op die plaas Elisenheim gesteel is, is Donderdagaand in die Okahandja Park informele nedersetting gevind.
Volgens Sean Naudé van die Namibian Marshall Rangers het hulle ’n boodskap ontvang dat die perd gesteel is en spanne is uitgestuur om daarna te soek.
“Ons het die kop en bene van Pablo in Katutura gekry."
Stropery is volgens hom aan die toeneem rondom die informele nedersettings in Windhoek, asook plase en die Daan Viljoen nasionale wildtuin loop ook gedurig deur. Dis egter die eerste voorval waar ’n perd geslag is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie