Polisie2
Polisie2

Polisiesoektogte vind kokaïen, dagga

Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag wat Sondag uitgereik is, het drie voorvalle van gewapende roof die naweek in die land voorgekom.

Twee mans is die afgelope naweek tydens twee afsonderlike voorvalle met ’n vuurwapen gedreig en beroof.

Vrydag is ’n 26-jarige man omstreeks 23:50 op die B1-hoofweg tussen die Katutura-staatshospitaal en die noordelike nywerheidsgebied van sowat N$6 120 beroof nadat hy met ’n geweer gedreig is en Saterdagmiddag is nog ’n persoon by Khomas Hoërskool op dieselfde manier van sy sak en selfoon ter waarde van N$4 900 beroof.

Vier mans het Vrydag net voor middernag na bewering ’n veiligheidswag op ’n plaas naby Omaruru vasgebind en die 58-jarige eienaar van goedere ter waarde van sowat N$75 000 beroof.

Geen van die gesteelde goedere is teruggevind nie en niemand is tot dusver in hegtenis geneem in verband met dié drie rooftogte nie.

DWELMS

Kokaïen ter waarde van sowat N$20 100 is die afgelope naweek tydens ’n polisiesoektog by ’n kontrolepunt tussen Rehoboth en Windhoek op beslag gelê, volgens die misdaadverslag.

Die 22-jarige verdagte het glo 59 groot pakkies kokaïen en 83 klein stukkies kokaïen in sy besit gehad en is in hegtenis geneem.

’n Agt-en-dertigjarige man is Saterdag in die Tallismanus-omgewing in hegtenis geneem nadat 22 balies dagga tydens ’n soektog van sy woning gevind is.

VEEDIEFSTAL

Twee verdagtes is Donderdag in hegtenis geneem nadat hulle na bewering beeste ter waarde van sowat N$34 000 in die Epukiro-omgewing onwettig geslag het.

Drie ander verdagtes het op die vlug geslaan.

Die twee verdagtes sou na verwagting gister in die Otjinene-landdroshof verskyn.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!