Polisievrou gevonnis vir moord op baba
Maria Ikela wat haar pasgebore baba in 2012 vermoor het, is in die streekhof in Swakopmund tot tien jaar tronkstraf gevonnis. Ikela het in 2014 by die Namibiese polisie aangesluit. Haar vonnis is tot sewe jaar tronkstraf verminder op voorwaarde dat sy nie in die volgende vyf jaar aan dieselfde misdaad skuldig bevind word nie. Sy is ook ’n boete van N$200 vir die verberging van geboorte opgelê. Foto verskaf
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie