Professionele stropers teiken witrenosters
Namibië het in een week vyf witrenosters op private plase aan stropers verloor.
Dit bring die totaal van gestroopte renosters vanjaar op 39 te staan, insluitend 15 witrenosters.
’n Boer van die Gobabis-omgewing is van mening professionele stropers dryf die stropings. Drie witrenosters is sedert die einde van Julie op sy plaas gestroop, waarvan twee in een week.
Nog ’n witrenoster is op ’n private plaas in die Okahandja-distrik gestroop en twee karkasse van gestroopte witrenosters is op ’n private plaas in die Outjo-distrik gevind.
Die Gobabis-boer wat anoniem bly om sy renosters te beskerm, het gesê dit lyk asof eerstehandse inligting oor renosterbewegings aan die stropers verskaf word.
Hy glo ’n professionele sindikaat sit agter die stropery.
Hy sê ’n paar leidrade word opgevolg, maar daar is tans nog min tasbare bewyse. Hy is ook in kontak met Okahandja en Outjo om die misdaadtonele en bewysstukke te vergelyk.
Volgens hom het die stropers op sy plaas stukkies matras onder hul skoene vasgemaak. Die skoenafdruk is glo dan skaars merkbaar aangesien dit soos ’n renoster se spoor lyk.
Hy sê die stropers het ook gereeld hul skoene verander. Hulle verwissel tussen plakkies en tekkies, terwyl hulle ook op hul spoor terugloop om die spoorsny te belemmer.
Hulle kan ook aflei aan die manier waarop die horing afgesny is, dat dit ’n prosessionele bende is, sê hy.
Verlede jaar is 44 renosters in Namibië gestroop, teenoor 42 in 2020, 57 in 2019, 83 in 2018 en 55 in 2017.
Namibian Sun het onlangs berig dat Namibië sy witrenosterbevolking wil afgradeer in terme van sy status op die lys van bedreigde spesies. Dit in ’n poging om die handel in lewende diere vir in situ-bewaring en trofeejag te vergemaklik.
Dit is slegs een van die voorstelle wat by vanjaar se Konferensie vir Wêreldnatuurlewe bespreek sal word. Strenger handelsregulasies vir nagenoeg 600 diere en plantspesies, wat vermoedelik deur internasionale handel bedreig word, sal oorweeg word.
Die partye het die voorstelle aan die Konvensie op Internasionale Handel in Bedreigde Spesies (Cites) voorgelê en sal by dié organisasie se 19de beraad (Cop19) vanaf 14 tot 25 November hersien word.
In wese het die Namibiese regering ’n voorstel gemaak om sy witrenosterbevolking van Cites se Bylaag I na Bylaag II af te gradeer.
Bylaag I bevat die lys van spesies wat met uitwissing bedreig word, terwyl Bylaag II ’n lys is van spesies waar beperkte handel in dié diere mag plaasvind.
GROEI
“Hierdie voorstel is dus bloot ’n voorstel om die witrenosterbevolking in terme van sy status op die lys van bedreigde spesies af te gradeer. Geen optrede sal geneem word nie behalwe om die handel in lewende diere vir in situ-bewaring, en wettig trofeëjag te fasiliteer wat weer die bewaring van die spesie en sy habitat sal verbeter,” volgens die regering.
Namibië se witrenosterbevolking het na bewering van 16 diere in 1975 tot die huidige nasionale bevolking van 1 237 gegroei. Die meeste witrenosters in Namibië is in private besit, tans altesaam 952 diere in ongeveer 85 bevolkings, met groot getalle wat sedert 2012 uit Suid-Afrika ingevoer is. Die regering sê die oordrag van die bevolking na Bylaag II sal toegang tot ’n veel groter mark vir witrenosters skep.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie