Rebebe se 'werkers' agter tralies

'Laat hulle vry'
Ses mans wat in hegtenis geneem is in verband met die beweerde misdaad van Nico Rebebe is volgens 'n aktivis eerder getuies as medepligtiges.
Iréne-Mari van der Walt
Kenya Kambowe - Die Rundu-gebaseerde gemeenskapsaktivis Frans Moyo het die staat gevra om ses mense in wie se bankrekeninge die vlugteling Nico Rebebe glo geld betaal het, uit aanhouding vry te laat.

Rebebe, ’n voormalige Bank Windhoek-werknemer staan tereg op die diefstal van miljoene van een van dié bank se takke.

Moyo het gesê die ses mense is glo almal deur Rebebe werk op sy plaas belowe. Hulle moes volgens Moyo glo bankrekeninge open waarin hul salarisse betaal sou word. Moyo glo hulle moet as getuies eerder as misdadigers behandel word.

"Na my mening is hulle slagoffers van Rebebe. Hy het mense gevind om te swendel sodat hy sy geld kan kanaliseer en hulle het slagoffers daarvan geword deur na werk te soek," het hy gesê.

Moyo sê armes is as pionne gebruik in ’n misdaad waarvan hulle nie bewus was nie.

"Daar is geen saak teen hulle nie. Laat hulle huis toe gaan en gebel word om te getuig as getuies, nie as medepligtiges nie," het hy gesê.

BELONING

Rebebe is amper drie weke gelede by die werk gesien, met gerugte dat hy uit Namibië gevlug het om arrestasie te vermy.

Volgens die bank se woordvoerder Samuel Linyondi, kan Bank Windhoek nie inligting oor die voortgesette polisieondersoeke met die media deel nie.

"Ons kan weens die sensitiwiteit van die saak nie kommentaar lewer oor polisieondersoeke nie en moet die integriteit in die proses behou," het Linyondi gesê.

Bank Windhoek het N$20 000 as belonging aangebied vir inligting wat tot Rebebe se inhegtenisname kan lei.

Die Namibiese Polisie se woordvoerder adjunkkommissaris Kauna Shikwambi het gesê daar is nog geen leidrade wat tot Rebebe kan lei nie.

Rebebe het na bewering N$2 miljoen gesteel deur geld oor te plaas na sy 'werknemers' se rekeninge. Nadat die rekeninge geopen is, het Rebebe na bewering die bankkaarte gekonfiskeer. Hy het daarna glo N$500 000 elk in Joao Limbo Joseph, Kamberuka Mukoso Lukas and Lukas Ihemba se rekeninge oorgeplaas en N$200 000 elk in Mathias Mukuve Kanyanga, Daniel Kusumwa Goncalves and Linyando Kandjimi se rekeninge. Rebebe het self glo N$500 000 in kontant gesteel voor hy gevlug het.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 35° Rundu: 19° | 35° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 22° | 35° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 23° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 21° | 37° Keetmanshoop: 21° | 38° Aranos: 22° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 39° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 35° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 17° | 29° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 16° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 16° | 31° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 20° | 32° Harare: 18° | 28° #REF! #REF!