Foto Argief
Foto Argief

Reho-moordverdagte bly in aanhouding

Kristien Kruger
Die man wat van die grumoord op ’n 64-jarige vrou op Rehoboth beskuldig word, Romario Beukes (29), is gister borgtog in dié dorp se landdroshof geweier.

Dit het ook op die lappe gekom dat Beukes uit op borgtog was vir nóg ’n beweerde moord, toe hy na bewering die onlangse misdryf gepleeg het. Hy sal later vandeesmaand vir dié saak in die hof verskyn.

Die oorledene se liggaam is Dinsdag in die Blok-A-woonbuurt gevind. Sy was glo halfnaak en het ’n keelwond gehad. Die polisie vermoed sy is ook verkrag en beroof.

Die hof het borgtog geweier weens die erns van die oortreding en die feit dat Beukes reeds ’n hangende moordklag teen hom het.

Die saak is tot 27 Maart uitgestel om vir die polisie die geleentheid te gee om die saak verder te ondersoek.

Beukes sal vir tyd en wyl in aanhouding bly. Hy staan tereg op klagte van moord, diefstal en verkragting in verband met die onlangse voorval.

Gerugte doen die ronde dat Beukes familie van die oorledene was. Sy was glo sy ouma se suster.

Buiten vir die twee moordklagte waarop Beukes teregstaan, het ’n inwoner van die dorp die koerant gister gekontak en beweer dat Beukes ook betrokke was by die moord van een van haar familielede. Die man is verlede jaar vermoor.

’n Polisiebron het in ’n plaaslike dagblad bevestig dat Beukes verdink word van die moord op ’n man wat in Junie verlede jaar beroof en in ’n rivierbedding op die dorp doodgemaak is.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!