Roofbende vermoor man tydens huisbraak
Vier gewapende rowers het Saterdag omstreeks 03:00 by ’n sinkhuis in Kingsleystraat in Greenwell Matongo, Wanaheda ingebreek en die drie inwoners met messe aangeval.
’n Drie-en-twintig-jarige man is op die toneel oorlede. Die ander twee slagoffers het met geringe beserings oorleef.
Die verdagtes het na bewering met drie selfone ter waarde van N$300 en 'n sak klere gevlug.
“Geen moordwapens is op die toneel gevind nie en die onbekende verdagtes het na bewering die donkerte in gevlug,” lui die Namibiese polisie se misdaadverslag van vandag.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie