Drie rowers wou ’n familie van ses insluitende twee kleuters beroof toe een op die toneel doodgeskiet is. Foto Tanja Bause
Drie rowers wou ’n familie van ses insluitende twee kleuters beroof toe een op die toneel doodgeskiet is. Foto Tanja Bause

Rower by familiebraai doodgeskiet

Tanja Bause
’n Rower is gister omstreeks 13:00 in die veld net agter die Eros-woonbuurt in Windhoek doodgeskiet deur ’n man wat sy famille wou beskerm.

Volgens mnr. Michael Lusse het hy, sy vrou en twee seuns van vyf en drie saam met sy bejaarde ma en pa soos talle kere tevore in die veld gaan braai toe die voorval gebeur het.

“My pa het Vrydag verjaar en ons wou hom bietjie uitvat. Hy het emfiseem en ons kan nie te ver van die huis af weggaan nie. Ons het na die plek gery en my ma het die drie mans in die veld sien loop en ons het nie veel daarvan gedink nie.”

Met hul aankoms het hulle kamp opgeslaan en die vuur aangesteek.

“Ek skiet altyd so een of twee skote in die lug net om mense te waarsku om nie skoor te kom soek nie. Die vuur het skaars gebrand toe ek die mense met die rivier sien aankom. Hulle het gelyk asof hulle net stap. Die een wat ek geskiet het, het by my pa verbygeloop wat met sy rug na hulle toe gestaan het.

“Hy het ’n mes teen my keel gedruk en my geld en my selfoon geëis. Die ander een het my vrou van agteraf vasgehou en die derde een het my pa in die kampstoel vasgedruk en probeer om sy horlosie af te haal. Ek het my beursie met N$10 in en my selfoon vir die man gegee en hy het dit in sy sak gedruk.

“Hy het gedraai en wou na my pa toe stap toe ek aan my kinders en vrou dink, het ek my pistool uitgehaal en hom drie keer in die bors geskiet het. Hy het daar inmekaargesak. Die ander het weggehardloop en ek het drie skote agter hulle aangeskiet.”

’n Man is in die hospitaal opgeneem met ’n skoot in sy boud en die polisie vermoed dat dit een van die ander rowers is. Hy beweer egter hy is in Okahandja raakgeskiet en het niks met die voorval te doen nie.

“Dit is nie lekker nie. Is dit nodig om jou lewe op die spel te sit vir ’n selfoon wat jy nie kan gebruik nie en vir N$10? Ek het voor die tyd ’n waarskuwingskoot afgevuur en hulle het geweet dat ek ’n wapen my gehad het. Dit is so onnodig, maar ek moes my familie beskerm. Hulle kom eerste.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!