Rowers hou vrou en kinders aan
‘n Vrou en kinders is volgens die polisie se naweekmisdaadverslag Vrydagaand by ‘n woning in Rocky Crest met ‘n vuurwapen aangehou.
Na bewering het die verdagtes die elektriese heining geknip en oor die muur geklim. Hulle het toe gewag tot die inwoners omstreeks 20:00 tuisgekom het.
Die aangehoudenes het om hulp geroep en is deur bure te hulp gesnel, maar die rowers het hulself toe reeds met goedere ter waarde van N$15 000 uit die voete gemaak.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie