Rowers oorrompel egpaar
Man se arm gesny, beide vasgebind
Die voertuig wat tydens die rooftog gesteel is, is gistermiddag langs die pad naby Stampriet gevind.
’n Egpaar van Aranos het gister in die vroeë oggendure wakker geskrik met vier mans wat hul bed omsingel het.
’n Familielid het gister aan Republikein gesê die 66-jarige man het omstreeks 02:30 wakker geword met ’n man wat “so te sê bo-op hom was”. Hy het gepoog om homself te verdedig, maar is glo met ’n skerp voorwerp op sy arm gesny en daarna vasgebind.
Sy 62-jarige vrou is na bewering rondgepluk en na ’n ander vertrek geneem waar hulle haar arms en bene vasgebind het.
Die rowers – wat glo ook met ’n geweer gewapen was – het die egpaar se vyf gewere, selfone en geld in die egpaar se voertuig gelaai en op die vlug geslaan.
Die vrou kon daarin slaag om haarself los te wikkel en het glo daarna ’n dokter gebel wat naby hulle woon. Hy het hulle te hulp gesnel. Volgens die familielid was die egpaar gistermiddag nog in skok.
Die vier rowers het glo die draadheining rondom die huis geknip en by ’n glasdeur die huis binnegekom.
VOERTUIG GEVIND
Die gesteelde voertuig is gistermiddag omstreeks 13:30 sowat 150 km vanaf Aranos naby Stampriet op die Uirup-pad gevind.
“Ons weet nie presies wat die toestand van die bakkie is nie. Blykbaar is niks meer in die voertuig nie,” het die familielid gesê.
Die polisiebevelvoerder van die Hardapstreek, kommisaris Sydney Philander, het gister bevestig dat die vier verdagtes nog op vrye voet is.
“Gewapende rooftogte vind nie gereeld op Aranos plaas nie,” het hy gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie