Sestienjarige voor vir verkragting
Misdaad
Die Namibiese polisie het in sy misdaadverslag wat oor die naweek uitgereik is, melding gemaak van verskeie verkragtingsvoorvalle en diefstalsake.
’n Sestienjarige verdagte het Vrydag in die hof op Tsumeb verskyn nadat hy na bewering ’n driejarige meisie verkrag het terwyl sy geslaap het. Hy is ’n veewagter in die King Nehale-omgewing.
* In die Oshivelo-omgewing is ’n sesjarige meisie in Augustus na bewering deur ’n 13-jarige seun verkrag terwyl sy in haar kamer geslaap het. Die verdagte is nog nie in hegtenis geneem nie.
* ’n Sesjarige is tussen 11 Augustus en 1 September by die Osona Village naby Okahandja gemolesteer. Die 16-jarige verdagte sou na verwagting gister in die landdroshof op Okahandja verskyn.
* ’n Drie-en-veertigjarige man is op Oshikango in hegtenis geneem nadat hy Vrydagoggend glo sy 19-jarige skoonsuster verkrag het.
ONGELUKKE
’n Ses-en-dertigjarige man is Vrydagmiddag in ’n motorongeluk naby Arandis op slag dood. ’n Vrou het glo beheer oor haar voertuig verloor. Sy en die bestuurder van die voertuig waarin die slagoffer was, asook drie passasiers in dieselfde voertuig het net ligte beserings opgedoen.
*’n Man (49) is Vrydagmiddag kort voor middagete in Walvisbaai se nywerheidsgebied dood ná hy van ’n huis se dak afgeval het. Hy het na bewering herstelwerk aan die dak gedoen.
DIEFSTAL
Goedere en kontant met ’n gesamentlik waarde van N$145 000 is Vrydagmiddag omstreeks 17:00 in Wanaheda gesteel toe sewe verdagtes glo ’n sakeman van N$100 000 kontant beroof het, asook sy selfoon en twee vuurwapens.
*Vier verdagtes het na bewering Donderdagaand Brakwater Abattoir se sekuriteitswagte met vuurwapens gedreig en die wagte se hande en voete aanmekaar vasgebind voor hulle onder meer ’n selfoon, ’n rubberkoeëlvuurwapen en diesel van die onderneming se voertuie gebuit het.
*In Okahandja het vier gewapende rowers ’n 52-jarige vrou en haar 17-jarige dogter Saterdag kort voor 23:00 beroof toe hulle voor hul huis uit die motor geklim het. Twee selfone en sakke vol inkopies is gesteel.
* In Ondangwa is ’n 49-jarige man Donderdagmiddag na bewering van N$38 500 in kontant beroof. Die slagoffer is tydens die voorval beseer. Die verdagte(s) is nog op vrye voet.
* ’n Man is Vrydagaand by die Golgotha-begraafplaas in die hoofstad van sy selfoon en vuurwapen ter waarde van N$7 400 beroof.
SELFDOODVOORVALLE
’n Pensioenaris (73) in die Okahao-omgewing het Saterdagoggend haar lewe geneem deur haarself met ’n lap op te hang.
*’n Agt-en-veertigjarige man het Saterdagmiddag sy eie lewe in Rehoboth geneem nadat hy glo in ’n argument met sy meisie betrokke was en sy beseer is.
* Die liggaam van ’n 30-jarige man is Donderdagmiddag naby Rehoboth gevind ná hy sy familie per SMS ingelig het van sy besluit om selfdood te pleeg. Sy pa het na die plaas gehaas waar die man was, maar hy was te laat. Sy seun het homself reeds opgehang.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie