TARGET: The number of poached rhinos continue to rise this year. Photo: FILE
TARGET: The number of poached rhinos continue to rise this year. Photo: FILE

Sestig renosters is vanjaar gestroop

Stropers slaan op plase in Windhoek-distrik toe
'n Plaaseienaar in die Windhoek-distrik is die middelpunt van 'n polisieondersoek ná 'n vermeende stroper Sondag doodgeskiet en sy vermeende makker geword is.
Ellanie Smit
Ellanie Smit en Ronelle Rademeyer – Sestig renosters is vanjaar gestroop teenoor die 44 renosters verlede jaar en 42 in 2020.

In die jongste stroperyvoorvalle is twee witrenosters tussen Vrydag en Maandag op 'n onbekende tyd op 'n private plaas naby Seeis in die Windhoek-distrik gestroop.

Volgens die polisie is die renosters geskiet en hul horings is verwyder.

Die waarde van die twee renosters word op N$660 000 geraam.

In 'n ander voorval ook op 'n privaat plaas in die Nauchas-omgewing in die Windhoek-distrik, het ’n lid van ’n teenstropingseenheid – wat verlede week Donderdag die gebied gepatrolleer het – die karkas van 'n witrenosterbul ontdek.

Volgens die polisie word vermoed dat die renoster tussen 16 en 20 Oktober gestroop is aangesien die dier laas op 18 Oktober lewend gesien is.

Die verdagtes het na bewering die plaas betree en die renoster met onbekende vuurwapens doodgemaak en albei sy horings verwyder.

“Tydens verdere ondersoek is 'n koeëlfragment uit die dier gehaal wat 'n duidelike aanduiding is dat die dier vir sy horings doodgemaak is,” lui die polisieverslag.

Die renosterbul se waarde word op N$450 000 geskat.

In 2019 is altesaam 57 renosters gestroop, vergeleke met 84 in 2018, 55 in 2017, 66 in 2016 en 97 in 2015.

Intussen blyk dit die 41-jarige man wat Sondag op ‘n wildplaas oos van Windhoek gewond is toe hy en sy vermeende makker na bewering op die plaaseienaar en sy werkers geskiet het, is twee jaar gelede by Outjo vir beweerde renosterstropery in hegtenis geneem.

Mnr. Thomas Eino en sy makker, ene Pieter, is Sondag omstreeks 17:00 deur die plaaseienaar en sy werkers opgemerk toe hulle die plaas gepatrolleer het. Hulle het glo probeer om die twee gewapende betreders uit verskillende rigtings te nader toe die twee na bewering losgetrek en op hulle begin skiet het.

Die plaaseienaar het na bewering teruggeskiet en beide die mans is getref. Pieter is egter noodlottig gewond.

Adjudant-offisier Silas Shipangeni, woordvoerder van die polisie in die Khomasstreek, het gister bevestig hoewel ‘n saak van moord en poging tot moord geopen is, is niemand nog in hegtenis geneem nie.

Hy het ook bevestig Eino is steeds in die Katutura-staatshospitaal waar hy behandel word.

Volgens sy Facebook-profiel was hy voorheen in diens van die ministerie van onderwys, kuns en kultuur.

Republikein se susterkoerant Namibian Sun het in Junie 2020 berig toe Eino saam met mnre. Jan Haodom, Kamati Tchipito, Mutenha Josef Homateni, Michael Ntsambo Jonas en Alfred Horaseb by Outjo in hegtenis geneem is.

Die polisie het beslag gelê op een renosterhoring en die voertuig wat na bewering vir die misdaad gebruik is. Hulle is almal aangekla van die oortreding van die natuurbewaringsordonnansie, onwettige jag en sameswering om ‘n misdryf te pleeg.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!