Sheehama Matheus
Foto Verskaf
Sheehama Matheus Foto Verskaf

Sheehama Matheus se lyk gevind

Frieda Molotho
Die lyk van die 24-jarige Sheehama Matheus, 'n student van die Universiteit van Namibië wat verlede week as vermis aangemeld is, is vroeër vandag in Walvisbaai ontdek.

Die ontdekking is omstreeks 13:30 deur verbygangers agter die vlootbasis by Independence Beach gemaak.

Familielede het die liggaam positief geïdentifiseer as dié van die vermiste student, wat 'n tragiese einde gebring het aan die soektog na die jong man wat op 27 Julie verdwyn het.

Matheus is laas by sy meisie se huis in Walvisbaai gesien, waar hy na bewering deur verskeie jong mans aangerand is. Vyf verdagtes is in hegtenis geneem en het verlede week in die hof verskyn. Hul saak is tot 22 Augustus uitgestel en hulle bly sonder borgtog in aanhouding.

Die polisie het ’n nuwe ondersoek na die omstandighede rondom Matheus se dood geopen. ’n Nadoodse ondersoek sal gedoen word om die presiese oorsaak van dood te bepaal.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!