Skietdood glo sluipmoord
Koeëldoppies nie “normale rondtes”
Die Namibiese polisie het teen druktyd glo nog geen verdagte(s) in die visier gehad nie.
Die skietdood van ’n buitelander voor die huis wat hy en sy meisie op Swakopmund huur, was “100% ’n sluipmoord”. Dit volgens ’n vriend van die 53-jarige Nederlandse burger, Roland Antonius Wilhelmus (Roscoe) Masolijn wat Maandag omstreeks 16:00 voor die huis op die hoek van Papawer- en Acaciastraat in die Ocean View-woonbuurt koelbloedig doodgeskiet is.
Volgens die vriend was Masolijn “baie bekend” en ’n ervare skut. “Hy het ook gedien op hierdie vaartuie wat gebruik word as deel van teen-seerowereenhede en het ’n groot deel van sy lewe bestee om te seil en na obskure Somaliërs en goed soos dit te skiet,” het hy gesê.
Hy twyfel vir geen oomblik dat Masolijn se skietdood “100% ’n sluipmoord” was nie.
“Daar is geen ander motief buiten dat dit ’n sluipmoord is nie. Die ouens het geweet wat hulle doen en dit was heel waarskynlik ook nie hul eerste keer nie.”
Koeëldoppies wat op die toneel gevind is, is volgens hom ook nie “normale 9 mm-doppies” nie.
“Dit is silwer 9 mm-doppies en nie jou normale rondtes nie.”
Volgens insp. Ileni Shapumba van die Namibiese polisie in die Erongostreek het Masolijn sy meisie wat tuis was, gebel om te vra dat sy die kleinhekkie van die huis vir hom oopsluit. Hy het langs die symuur geparkeer en ’n tuinslang aan ’n kraan gekoppel om die motor te was.
Volgens Shapumba het sy meisie ’n paar minute later ’n vreemde geluid buite gehoor. Sowat 10 tot 15 minute later het ’n man wat verby die huis gestap het, aan die deur geklop en gesê Masolijn “lê in ’n poel bloed buite”.
“Die vermoede is dat hy eers in die regterboud geskiet is, met die koeël wat in die regtergedeelte van sy middel vasgesit het. Die tweede koeël het hom onder sy linkerkantse oog getref en is by sy agterkop uit,” het hy verduidelik.
’n Ondersoek van Masolijn se motor het ’n onbepaalde hoeveelheid kokaïen, kontant van N$2 050 en drie selfone in ’n sak opgelewer. In ’n kluis is 120 bokse met 9 mm skerp-ammunisie en ’n vuurwapenlisensie gevind wat in sy meisie se naam geregistreer is. Daar was egter nie ’n vuurwapen in die kluis nie.
Shapumba sê beskikbare bewyse oor die moontlike verdagte(s) het nog niks opgelewer nie. Enige persoon wat die polisie in sy ondersoek kan help, kan speurhoofinsp. Johannes Mwatongwe by 0812 461 121 of speurhoofinsp. Kandali Uushona by 081 811 4770 of die naaste polisiekantoor skakel.
Op sosiale media word wyd oor die motief vir die aanval bespiegel, met een gebruiker wat beweer hy het Masolijn twee weke terug ontmoet. Tydens die ontmoeting sou hy glo gespog het oor die dwelmhandel wat hy in Nederland bedryf en dat hy in die tronk was omdat hy iemand uit selfverdediging geskiet het. Ook dat Masolijn glo jare terug die eerste daggakafee in Amsterdam bestuur het.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie