Swakoprivier se keerwal geplunder
Binne die Dorob Nasionale Park geleë
Die stukke van die Swakoprivier se stuwal wat gesteel word, word glo as skrootmetaal verkoop.
Die sowat 100 meter lange keerwal in die Swakoprivier wat naby Swakopmund geleë is, word opgegrawe, in stukke gebreek en as skrootmetaal verkoop.
Die Swakopmund-buurtwag is ongeveer ‘n week gelede ingelig oor mans wat besig was om langs die metaalwal in die rivier naby die ou waterreservoir, net oos van die Kramersdorf-woonbuurt, te grawe. Die groep het met grawe, hamers, snyers en beitels meer as ‘n meter diep langs die keerwal gegrawe – wat na bewering minstens drie meter diep onder die riviersand is – en dit stuk vir stuk opgebreek. Hulle het gesê hulle verkoop dit vir skrootmetaal, en kon nie sien hoe enigiemand ’n probleem daarmee kan hê nie, aangesien die keerwal oënskynlik geen doel dien nie en aan niemand behoort nie.
Die mans is net gewaarsku dat hulle moontlik onwettig optree, maar dit het hulle blykbaar nie afgeskrik nie, aangesien die plundering voortduur.
Die keerwal is binne die Dorob Nasionale Park geleë en die vernietiging van strukture word nie binne hierdie deel van die park toegelaat nie. Andersins word hierdie deel van die rivier daagliks deur Swakopmunders besoek wat ‘n wandeling geniet, sonsopkoms en -ondergange vanaf nabygeleë duine wil aanskou, met hul honde stap of perdry.
Verskeie pogings om kommentaar van die woordvoerder van die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme, mnr. Romeo Muyunda, te verkry, was onsuksesvol.
Mnr. Alfeus Benjamin, uitvoerende hoof van Swakopmund, het aan ons kustak Erongo 24/7 gesê hy is nie bewus van die plundering nie en sal ‘n inspeksie doen, siende dat dié moontlik onwettige bedrywighede in ’n munisipale gebied aan die gang is.
’n Keer- of stuwal is ‘n metaal- of betonversperring oor die breedte van ‘n rivier wat die vloei van water verander, en lei gewoonlik tot ‘n verandering in die hoogte van die riviervlak. Keerwalle word ook gebruik om die vloei van water vir reservoirs te beheer, of om die vloei te stop om grondwatervlakke aan te vul. Dit is onbekend hoe oud dié keerwal is, maar oor die jare, en met die groot hoeveelheid sedimente wat kort-kort deur die rivier afgebring is, is dit diep in die sand begrawe en blyk dit nie meer sy doel te dien nie.
Die plundering herinner aan ‘n voorval sowat ‘n dekade gelede toe ‘n groep mans – gewapen met hamers, beitels en grawe – op die historiese stortingsterrein tussen die hoog- en laagwatermerk op Vineta se strand toegesak en dit uitmekaar gebreek het vir ou skrootmetaal – en ‘n paar goudstukkies tussenin.
Inwoners het destyds aangevoer daar is baie dele van die strand waar mense nie met hul voertuie mag ingaan nie, terwyl daar selfs wette was wat mense verbied het om klippe te verwyder, maar dié mans is gelos om die ou stortingsterrein te plunder.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie