CHARGED: A former Gobabis deputy mayor charged with rape. PHOTO: CONTRIBUTED
CHARGED: A former Gobabis deputy mayor charged with rape. PHOTO: CONTRIBUTED

Swapo-raadslid vas ná beweerde verkragting

Hofverslaggewer – ’n Swapo-raadslid van die plaaslike owerheid wat verlede week op Gobabis vir verkragting in hegtenis geneem is, het glo voorbereidings vir ’n nagwaak ter nagedagtenis aan wyle president Hage Geingob gemis om ’n man in ’n toilet by die lokaal te verkrag.

Die 34-jarige verdagte – wat ’n voormalige adjunkburgemeester van die dorp is – het na bewering ’n 19-jarige man na ablusiegeriewe by die Omaheke-streekraadskantoor gelok waar voorbereidings vir die nagwaak aan die gang was, en hom beveel om sy klere uit te trek.

Talle partylede in die streek was ontstoke oor die feit dat die raadslid veronderstel was om met voorbereidings vir die afgestorwe Swapo-president en staatshoof se gedenkdiens te help toe die voorval plaasgevind het. Die regerende party het dié plaaslike owerheid in die 2020 aan die opposisie verloor en is hard besig om weer beheer oor te neem.

’n Polisiebron het aan Republikein se susterkoerant Namibian Sun gesê: “Hy het die seun se broek losgemaak en sy privaat deel begin lek. Die raadslid het die vrou se rol tydens die daad vertolk. Daar word vir ons gesê dit is nie die eerste keer dat hy seks met die seun het nie.”

Namibian Sun verneem dat die slagoffer by die raadskantoor was om ’n getuigskrif te soek vir ’n werksaansoek wat hy van plan was om in te dien.

“Omdat die raadslid die seun ken, het hy die oomblik toe hy hom in die gebou gesien het, hom opdrag gegee om toilet toe te gaan en hom kort daarna gevolg,” het die bron gesê.

Nadat hy orale seks op die slagoffer uitgevoer het, het die raadslid glo die jonger man gedwing om hom te penetreer.

VAN VERKRAGTING AANGEKLA

Die 19-jarige het sy ouers van die voorval vertel toe hy by die huis gekom het.

Sy ouers het dadelik die polisie gekontak wat tot die raadslid, wie se naam nie bekend gemaak kan word nie voor hy nie in die hof verskyn het nie, se inhegtenisname gelei het.

Die adjunkkommissaris van die polisie in die Omahekestreek, Chris Kalimbula, het die arrestasie bevestig en gesê die raadslid is van verkragting aangekla.

“In die verlede sou dit as sodomie getel het omdat dit seks tussen mans is. Maar deesdae word mense wat in ’n situasie soos hierdie aangekla word, van verkragting aangekla.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-04-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer