nampol
nampol

Taxi-bestuurder van voertuig, geld beroof

Inbrekers oor naweek vort met N$148k
'n Agtjarige dogtertjie was die jongste onder opnuut verskeie slagoffers van verkragting wat die polisie in hul naweekmisdaadverslag lys.
Elvira Hattingh
‘n Taxi-bestuurder is die afgelope Vrydag deur drie verdagtes van sy voertuig en geld beroof, nadat hulle gevra het om van Havana na Donkerhoek in Katatura geneem te word.

Volgens die polisie se jonste misdaadverslag het die voorval omstreeks 20:00 plaasgevind. Toe die taxi-bestuurder in Donkerhoek aankom, het die verdagtes hom van agter af gegryp en met ‘n mes teen sy keel gedreig.

Hulle het geld van hom geëis, die motor deursoek en ‘n beursie geneem wat N$600 bevat het. Hulle het hom toe agter laat inklim en in die rigting van Brakwater gery, waar hulle hom by die motor uitgegooi en weggejaag het.

In nog ‘n geval is ‘n klag van roekelose en nalatige bestuur, die vlug van ‘n ongelukstoneel en die nalaat om vas te stel watter skade of beserings veroorsaak is, aanhangig gemaak nadat ‘n 44-jarige man op Walvisbaai raakgery is.

Die man is deur ‘n verbyganger op die sypadjie van Sam Nuyoma-rylaan naby Trust Market gevind nadat hy glo deur ‘n onbekende motor gestamp is. Hy het verskeie snywonde op sy regterwang gehad en kneusplekke op sy arms, bene en hande. Die man is tans in ‘n stabiele toestand in die hospitaal.

Die bestuurder van die onbekende motor het na bewering weggejaag en nie die voorval by die polisie aangemeld nie. Geeneen is nog in verband met die saak in hegtenis geneem nie.

VERKRAGTINGS

In Katatura is ‘n 35-jarige man in hegtenis geneem nadat hy na bewering probeer het om ‘n 8-jarige dogtertjie te verkrag terwyl sy geslaap het. Die dogter se ma het haar hoor huil en die verdagte bo-op haar betrap

Hierdie is een van vier klagte van verkragting wat die afgelope naweek by die polisie aanhangig gemaak is, terwyl nog ‘n klagte van poging tot verkragting ook gemaak is.

‘n 28-jarige man van Otjiwarongo is in hegtenis geneem nadat hy glo die afgelope Vrydag ‘n verstandelik gestremde vrou op ‘n plaas in die omgewing verkrag het.

Die 19-jarige slagoffer was in die geselskap van twee kinders toe hul ma hul gestuur het om water naby die verdagte sy kamer te gaan haal. Toe die ma ontdek dat die vrou nie teruggekeer het huis toe nie, het die klein kinders vir haar gewys na watter kamer die vrou is.

Die ma het die verdagte glo betrap terwyl hy besig was om die 19-jarige vrou te verkrag.

In nog ‘n geval het die biologiese pa van ‘n 18-jarige vrou op Outapi haar glo telkemale sedert Februarie verlede jaar verkrag. Die verdagte is nie gearresteer nie en die polisie ondersoek steeds die saak.

In die hoofstad is ‘n 30-jarige vrou deur ‘n onbekende man by ‘n kroeg verkrag. ‘n Man het haar glo aan die keel gegryp, haar gewurg en tot in nabygeleë bosse gesleep waar sy haar bewussyn verloor het terwyl hy haar verkrag en van N$800 beroof het. In die geval is daar ook nog geeneen in hegtenis geneem nie en die saak word verder ondersoek.

Op Tses is ‘n 45-jarige man in hegtenis geneem nadat hy ‘n 29-jarige glo verkrag het.

INBRAKE

Die diefstal van kontant en goedere ter waarde van bykans N$150 000 is oor die afgelope naweek by die polisie aangemeld, terwyl vier verdagtes ook aangekeer is wat glo binne ‘n maand vee ter waarde van N$463 900 op ‘n plaas in die Otavi-omgewing gesteel het.

Inbrekers is die afgelope Saterdag met geld, alkohol en ander items ter waarde van N$87 700 op Otjiwarongo vort nadat hulle by die Gabrito-kroeg ingebreek het, terwyl produkte ter waarde van N$80 000 gesteel is tydens ‘n inbraak by Pupkewitz Megabuild se tak in Katutura.

In nog ‘n geval is N$64 350 uit ‘n huis in die Eemhindi-nedersetting in die Ondobe-omgewing tydens ‘n inbraak gesteel. Op Katima Mulilo is inbrekers ook weg met items ter waarde van N$4 500 toe hulle by ‘n huis ingebreek het.

In geen van die gevalle is enige persone in hegtenis geneem nie.

Die polisie by Ariamsvlei het Saterdag in twee afsonderlike gevalle op Mandrax- en ander dwelmmiddels ter waarde van altesaam N$8 230 beslag gelê. Twee persone is in verband hiermee deur die polisie voorgekeer en in hegtenis geneem.

Op Katima is ‘n 22-jarige ook in hegtenis geneem vir die besit van ‘n olifanttand.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!