Foto verskaf
Foto verskaf

Tiener los baba by 'dagsorg'

Tuyeimo Haidula
’n Tienermeisie staar aanklagte van kinderverwaarlosing in die gesig nadat sy Dinsdag haar pasgebore babaseuntjie by ’n verlate gebou in Ondangwa gelos het.

Die gebou was voorheen ’n dagsorg en die tiener, wat in graad 11 is, het haar baba in ’n boks met ’n kombers gesit en warm aangetrek in ’n pienk trui. Sy het ’n briefie by die baba gelos: “Hou hom asseblief, ek sal hom in die aand kom haal.”

Nog ’n briefie was in die boks wat aangedui het dat die baba op 19 Augustus gebore is.

Die koördineerder vir misdaadondersoeke in die Oshanastreek, adj.komm. Frederick Ndjadila, het bevestig dat daar vroeër ’n dagsorg/kleuterskool op daardie erf was, maar bedrywighede is gestaak en die erf waar die baba gelos is, was dus verlate.

Die bure van die voormalige dagsorg het die polisie in kennis gestel toe hulle die skoolmeisie in die omgewing sien ronddwaal het. Die baba is gevind en na die Onandjokwe-hospitaal geneem.



MOES EKSAMEN SKRYF

Die 19-jarige ma is opgespoor en sy het aan die polisie gesê sy het haar baba daar gelos omdat sy inderhaas eksamen moes skryf. Sy ontvang ook tans mediese behandeling by dieselfde hospitaal. Ndjadila het gesê die meisie se ouers is ook opgespoor en is by haar in die hospitaal.

’n Maatskaplike werker van die ministerie in die presidensie verantwoordelik vir geslagsgelykheid, armoede-uitwissing en maatskaplike welsyn op Ondangwa is ingeroep om die pasgebore baba te help versorg.

Volgens Ndjadila het die polisie ’n saak van kinderverlating/-verwaarlosing op Ondangwa geopen.

Hy het gesê die verdagte is nog nie in hegtenis geneem nie, maar ’n dagvaarding sal uitgereik word om haar bywoning in die hof te verseker.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 30° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 21° | 29° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 18° | 28° Otjiwarongo: 17° | 25° Omaruru: 19° | 29° Windhoek: 19° | 28° Gobabis: 20° | 25° Henties Bay: 17° | 21° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 18° | 22° Rehoboth: 20° | 29° Mariental: 20° | 31° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 29° Lüderitz: 16° | 27° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 16° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 29° Lubumbashi: 18° | 20° Mbabane: 19° | 30° Maseru: 17° | 19° Antananarivo: 14° | 29° Lilongwe: 19° | 24° Maputo: 26° | 40° Windhoek: 19° | 28° Cape Town: 18° | 22° Durban: 22° | 27° Johannesburg: 18° | 24° Dar es Salaam: 25° | 29° Lusaka: 18° | 24° Harare: 17° | 22° #REF! #REF!