BREAKING NEWS_KING PRICE_082021-02
BREAKING NEWS_KING PRICE_082021-02

Tienerseun ‘vermoor’ man wat baba wou verwurg

’n Seun (16) het die afgelope naweek glo ’n volwasse man doodgemaak, wat besig was om sy eie agt maande oue dogtertjie te probeer verwurg.

Die voorval het Saterdag in die vroeë oggendure in die Windhoekse buurt Otjomuise plaasgevind.

Die oorledene was glo besig om sy dogter te wurg, toe die 16-jarige verdagte se suster op die toneel afgekom het. Die suster het probeer keer, maar die oorledene het haar met ’n byl gedreig.

Die man het sy babadogtertjie op die grond neergegooi en het die verdagte se suster glo drie keer probeer slaan, maar het gemis. Ter verdediging van sy suster het die tienerseun daarin geslaag om die byl af te vat.

“Die seun het die byl op die dak gegooi, maar die man het ook ’n mes by hom gehad,” lui die Namibiese polisie se misdaadverslag.

Die seun het glo die mes ook afgevat en die man daarmee gesteek, wat aan bloedverlies beswyk het.

Die polisie ondersoek die saak.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!