Toeriste se toerusting, verdagtes steeds soek
Twee Amerikaanse toeriste is op 12 Junie by die APS-gastehuis in Robert Mugabe-rylaan in Windhoek van hul kameratoerusting ter waarde van N$170 000 beroof.
Die egpaar, mnr. Eduardo en me. Kristi Duarte het ’n beloning van N$17 000 vir die toerusting of enige inligting uitgeloof.
Volgens ao. Silas Shipandeni, die Namibiese polisie se woordvoerder in die Khomasstreek, is een man in verband met dié voorval aangehou en ondervra.
“Hy is later vrygelaat aangesien daar nie genoegsame bewyse teen hom was nie. Hy is egter in Augustus weens die roof van ’n Belgiese toeris in Windhoek-Wes in hegtenis geneem.
“Die verdagte, Charles Siririka, het in die hof verskyn en is borgtog geweier. Sy saak is tot 24 Augustus uitgestel,” het Shipandeni gesê.
Eduardo is ’n professionele fotograaf wat vir drie weke deur Namibië getoer het. Die egpaar het by die gastehuis aangekom, voor die hek gestop en begin om hul bagasie af te laai. Twee mans het hulle in ’n silwer Polo met ’n vervalste nommerplaat dopgehou.
Toe Eduardo sy rug draai, het een van die mans uit die voertuig gespring, die kamerasak gegryp en op die vlug geslaan. Daar was geen veiligheidswagte by die gastehuis nie.
Professionele kameratoerusting insluitend ’n Nikon D850, drie Nikon-lense, ’n GoPro Hero 5, ’n SB900flitz, kontant, en ’n Amerikaanse en ’n Peruaanse paspoort is gebuit.
“Die waarde van die items is N$170 000, maar die foto’s van die reis deur Namibië is van onskatbare waarde,” het hy gesê.
Shipandeni het bevestig niemand is al in verband met dié diefstal in hegtenis geneem nie.
Die soektog na die ander verdagtes wat die Belgiese toeris beroof het, duur nog voort.
Die Belgiese toeris is op 31 Julie in John Meinert-straat beroof toe twee man uit ’n silwer sedanvoertuig gespring en sy rugsak gegryp het. ’n Video van die voorval is wyd in die sosiale media gedeel wat tot Siririka se inhegtenisname gelei het.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie