TransNamib stel hulplyn vir hokaairoepers bekend
Nuusredaksie – TransNamib het ’n toegewyde hulplyn vir hokaairoepers van stapel gestuur wat die maatskappy se verbintenis tot etiese sakepraktyke, deursigtigheid en aanspreeklikheid ondersteun.
Verder het die inisiatief ten doel om werknemers, kliënte en belanghebbendes van ’n veilige en vertroulike platform te voorsien om enige onetiese gedrag, bedrog, korrupsie of wangedrag binne die organisasie aan te meld. Die hulplyn is ’n onafhanklike en anonieme platform wat individue in staat stel om bekommernisse te deel sonder vrees vir vergelding.
TransNamib moedig alle belanghebbendes aan om hierdie platform verantwoordelik te gebruik om die hoogste standaard van integriteit en professionaliteit binne die organisasie te help handhaaf.
TransNamib se uitvoerende hoof, Desmond van Jaarsveld, het die belangrikheid van goeie bestuur beklemtoon as die grondslag vir transformasie binne die maatskappy en om vertroue in die organisasie te herbou.
“Ons verbintenis tot goeie korporatiewe bestuur en etiese leierskap bly onwrikbaar.
“Die hulplyn vir hokaairoepers is ’n belangrike stap om te verseker dat enige oortreding geïdentifiseer en stiptelik ondersoek word, wat die integriteit van ons bedrywighede en die vertroue van ons belanghebbendes beskerm.”
Kwessies kan aangemeld word deur 0800 402 501 te skakel of ’n e-pos te stuur na [email protected], of besoek www.tip-offs.com.
TransNamib het die versekering aan hokaairoepers gegee dat hul identiteit vertroulik sal bly en dat alle sake wat aangemeld word deeglik ondersoek sal word.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie