Twaalfjarige word vermis
Me. Renate Karises het haar bekommernis uitgespreek oor haar 12-jarige seun, Jeremia Kariseb Forto, wat sedert Saterdagmiddag vermis word.
“Ons het hom laas in Sewende Laan gesien. Hy het met die ander kinders gaan speel en toe hulle terugkom, het ek gevra waar hy is. Hulle het gesê hulle weet nie,” het Karises aan Republikein gesê.
Jeremia het ’n grys baadje met ’n silwer skynsel, ’n blou broek en wit en blou hemp aangehad.
Jeremia kan Damara/Nama en Afrikaans praat en is ’n leerling aan die Primêre Skool Michelle McLean in Otjomuise in die hoofstad.
Enigiemand met enige inligting kan Karises op 081 385 9360 kontak of die inligting by hul naaste polisiekantoor aanmeld.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie