Twee jong meisies oor die naweek verkrag
In Omuthiya het die oom van ‘n negejarige meisie volgens die jongste misdaadverslag haar glo twee keer gedurende Oktober verkrag. Volgens die polisie is die verdagte nog nie in hegtenis geneem nie. ‘n Elfjarige meisie is na bewering in Onandjaba deur 'n buurman verkrag. Die man het haar na bewering in hul kraal gevind, na sy huis toe gedra en daar verkrag. In Okombahe het ‘n 31-jarige man na bewering ‘n vrou se kamer, wat sy met haar sesjarige seun deel, onregmatig betree en haar verkrag.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie