Twee minderjariges die naweek glo verkrag
’n Agtienjarige man het glo by twee geleenthede ’n vyfjarige seun verkrag. Die voorvalle het na bewering op 11 en 18 Februarie in die Oipya-nedersetting plaasgevind. Die vyfjarige en die verdagte is glo bure en nefies. Die man is in hegtenis geneem.
• ’n Man (35) het glo Vrydag tussen 22:30 en 23:30 ’n 15-jarige meisie op Keetmanshoop verkrag. Die verdagte het na bewering – nadat hy haar verkrag het – haar klere in die buitetoilet weggesteek en haar in sy kamer toegesluit. Die slagoffer kon uit die kamer ontsnap, haar klere gryp en huis toe hardloop. Die verdagte en slagoffer is glo bure.
Die man is in hegtenis geneem en ’n klag van verkragting en ontvoering is teen hom aanhangig gemaak.
• In Oshikuku se informele nedersetting Oshiku het ’n 24-jarige man glo ’n 20-jarige vrou verkrag. Die voorval het Saterdag omstreeks 00:30 plaasgevind.
• Vrydag het ’n 21-jarige man na bewering ’n 23-jarige vrou op Mariental verkrag. Die voorval het tussen 03:00 en 04:00 by die F.A. Simon-woonstelle plaasgevind. Die man is in hegtenis geneem.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie