Twee vas ná hulle glo 9-jarige vasketting

Tuyeimo Haidula,Enzo Amuele,Tanja Bause
Enzo Amuele en Tuyeimo Haidula - Twee bejaardes wat onderskeidelik 94 en 56 jaar oud is, is in hegtenis geneem en op waarskuwing vrygelaat nadat hulle glo hulle negejarige kleindogter, wat wees gelaat is, mishandel en vasgeketting het.

Hofrekords toon dat die voorval tussen 1 en 22 April vanjaar op die dorp Otambo Ya Kawali in die Oshikotostreek gebeur het. Inligting wat ons susterkoerant Namibian Sun onder oë gehad het, dui daarop dat inwoners die slagoffer na bewering met kettings om haar enkels by die plaaslike cuca-winkels gewaar het en die raadslid vir die Omuntele-kiesafdeling, Sacky Nangula, betrek het. Nangula het gister bevestig hy het die polisie dadelik in kennis gestel.

Aanvanklike inligting het aangedui dat die twee ’n paartjie is. Dit kon egter nie deur hofstukke bevestig word nie en die Oshikoto-polisie kon nie verdere duidelikheid verskaf nie.

Die beskuldigdes, wie se name weerhou word om die meisie se identiteit te beskerm, het onregmatig en onwettig as die negejarige se voogde opgetree en het haar na bewering mishandel deur haar te slaan en aan ’n boom vas te ketting.

In ’n stadium het die twee ook glo kookwater op die meisie gegooi. Sy het by hulle gaan bly toe sy vier jaar oud was nadat sy wees gelaat is. Sy is glo in graad 2 en het haar grade herhaal weens ’n gebrek aan sorg en swak voeding wat sy tuis ontvang. Die slagoffer ontvang ook die toelae vir weeskinders en kwesbares, maar dit word glo deur haar voogde misbruik en sy baat nie daarby nie.

Teopoline Kalompo-Nashikaku, die polisie se streekbevelvoerder, het gesê sy was nie bewus van die voorval nie, so dit bly onduidelik of die kind onder veilige bewaring geplaas is of nie.

Die twee het Maandag in die Ondangwa-landdroshof voor landdros Evette Levien Fredericks verskyn op klagte wat verband hou met mishandeling, verwaarlosing en die oortreding van die kindersorg- en beskermingswet. Wisdom Ndakondja het die staat verteenwoordig.

Die saak is tot 7 September uitgestel vir verdere polisieondersoeke.

Die beskuldigdes het albei gekies om aansoek te doen om die dienste van ’n regshulpprokureur.

Ingevolge die Namibiese wetgewing en oortreding van die kindersorg- en beskermingswet, is die twee by skuldigbevinding strafbaar met ’n boete van hoogstens N$50 000 of gevangenisstraf vir ’n maksimum tydperk van tien jaar of met beide.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!