Twee vermeende renosterstropers in Etosha doodgeskiet
Twee vermeende renosterstropers is Woensdagmiddag by Scorpionbelt aan die westekant binne die Etosha Nasionale Park deur lede van die teenstropingseenheid doodgeskiet.
Volgens die Namibiese polisie (Nampol) het die lede verbonde aan die teenstropingsoperasie in Etosha tussen 12:00 en 13:00 tydens hul patrollies voetspore langs die park se heining opgemerk.
Die lede het volgens Nampol toe die voetspore in ‘n radiuis van 60 km gevolg tot by 'n watergat waar renosters gewoonlik aan struike vreet.
“Toe die stropers agterkom dat hulle agtervolg word, het hulle op die lede van die teenstropingseenheid losgebrand wat tot ‘n heen en weer skietery gelei het,” lui Nampol se verklaring.
Gevolglik is die stropers doodgeskiet. Volgens Nampol was die stropers met twee jaggewere gewapen.
'n Saak van moord (saaknommer CR03/05/2024) word by die Omuthiya-polisiekantoor ondersoek.
Die identiteite van die vermeende stropers moet in hierdie stadium nog vasgestel word aangesien geen identifikasiedokumente op hul liggame gevind is nie. Hul liggame word by Omuthiya-polisielykshuis gehou.
Nampol versoek enigiemand met inligting of wat 'n familielid vermis om die Omuthiya-polisielykshuis te besoek vir moontlike identifikasie van die liggame.
Die streekbevelvoerder van Oshikoto en bevelvoerder van die Yesa Ongava-teenspropingseenheid kan in hierdie verband by 081 129 3022 gekontak word. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie