polisie1
polisie1

Twee vroue se liggame in veld gevind

Vyf sterf in ongelukke
'n Vierjarige dogtertjie word vir wonde behandel nadat sy op Swakopmund deur 'n pitbull aangeval is.
Tanja Bause
Die lyke van twee vroue is die naweek in die veld gevind, word in die Namibiese polisie se misdaadverslag oor die naweek verklaar.

Die eerste liggaam is Vrydag omstreeks 08:00 naby die Swapo-kantoor in Tsumkwe in die Otjozondjupastreek gevind. Na bewering is die 45-jarige /Koca /Ukxa verkrag en vermoor.

Haar halfnaakte liggaam is in die bosse gevind. Sy is vermoedelik die vorige nag vermoor.

Twee verdagtes (27 en 30 jaar) is in hegtenis geneem. In die huis waar die verdagtes oornag het, is ’n bebloede mes gevind, asook ’n broek en gordel met bloedvlekke wat aan een van die verdagte behoort.

• Die liggaam van Caroline Gaweses (36) is Saterdag omstreeks 08:30 langs ’n voetpad in Hornbillstraat in Arandis deur ’n verbyganger gevind. Sy het kaalvoet op haar sy gelê. ’n Skoenveter was losserig om haar nek gebind.

Haar klere was nie stukkend nie en geen beserings kon opgemerk word nie. Haar selfoon is nog nie opgespoor nie.

VERKRAGTINGS

Saterdagoggend ná eenuur is ’n 14-jarige meisie in Okambahe glo deur twee verdagtes verkrag. Na bewering het die verdagtes haar huis toe begelei vanaf ’n sjebeen en het agtergekom dat sy effens dronk is.

’n Agtienjarige is in hegtenis geneem terwyl die ander verdagte en die slagoffer se familielid nog soek is.

• Vrydag is ’n 23-jarige vrou glo deur ’n16-jarige verdagte in die Okahenge nedersetting verkrag. Die slaagoffer was op pad huis toe, toe hy haar in ’n halfgeboude gebou ingesleep en verkrag het. Verbygangers het op die toneel afgekom en die slagoffer te hulp gesnel.

HONDE-AANVAL

’n Vierjarige meisie is op Swakopmund naby die Mondesa kliniek deur ’n swart pitbull aangeval.

Volgens inligting is gesien hoe ’n man honde uit die eienaar se erf verwyder. Hy het beheer oor die honde verloor en hulle het in verskeie rigtings gehardloop. Een hond het die dogtertjie gewaar en haar aangeval. Die hond is gevang en word deur die polisie aangehou hangende die betrokkenheid van Swakopmund munisipaliteit se departement vir dierebeheer.

Die dogtertjie is in die hospitaal opgeneem met ernstige wonde aan haar regterbeen.

PADONGELUKKE

Die bestuurder van ’n sedanvoertuig met sewe insittendes het beheer oor die voertuig verloor nadat die regteragterband gebars het.

Die voertuig het 20 kilometer buite Okahandja op die pad na Gross Barmen omgeslaan. Antoinette Smith (39), Jobson Kapiye (29) en Ronaldo Mutendere (24) is op die toneel dood.

Die ander insittende in die ouderdom van 20, 36 en 37 is ernstig beseer, terwyl die 34-jarige bestuurder lig beseer en in hegtenis geneem is. Hulle was almal werknemers van NWR Gross Barmen wat op pad na Okahandja was.

Die bestuurder is van strafbare manslag, roekelose en nalatige bestuur, bestuur sonder ’n wettige lisensie en die oorlading van ’n voertuig aangekla.

• Saterdag om 15:00 op die B1-hoofpad tussen Windhoek en Okahandja het die bestuurder van ’n Fortuner van agter teen ’n sedanvoertuig vasgery.

Daar was in beide die voertuie vyf insittendes. Al vyf insittendes in die Fortuner is ’n stabiele toestand. Twee insittendes in die sedanvoertuig het op die toneel gesterf, terwyl die ander drie in ’n kritieke toestand in die hospitaal opgeneem is. Die oorledenes se naasbestaandes is nog nie in kennis gestel nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!