Die verkeersbeampte het die beweerde diefstal opgemerk en die verdagte agterna gesit en het met die hulp van gemeenskapslede is die man gevang en in hegtenis geneem. Foto Argief.
Die verkeersbeampte het die beweerde diefstal opgemerk en die verdagte agterna gesit en het met die hulp van gemeenskapslede is die man gevang en in hegtenis geneem. Foto Argief.

Verkeersbeampte aangekla ná hy rower skiet

Barmhartige Samaritaan glo beroof
'n Verdagte wat glo 'n 64-jarige vrou beroof het, het aggressief tydens sy inhegtenisneming geraak waarna 'n verkeersbeampte hom in die been geskiet het.
Adam Hartman
'n Verkeersbeampte van Walvisbaai staan tereg op 'n klag van poging tot moord.

Dit volg nadat hy 'n man geskiet het wat 'n vrou beroof het terwyl sy kinders gehelp het wie se hond verlede Woensdag deur 'n voertuig getref is.

Die 64-jarige vrou, wat alleen na Swakopmund op pad was, het omstreeks 15:30 op die B2-hoofweg naby die Welkom in Walvisbaai-bord stilgehou om kinders te help wie se hond deur 'n verbygaande voertuig doodgery is.

'n Onbekende man wat op die toneel was en gemaak het of hy ook die kinders help, het skielik die barmhartige Samaritaan se selfoon ter waarde van sowat N$4 000 gegryp en die Kuisebmond-woonbuurt ingehardloop.

'n Munisipale verkeersbeampte wat aan diens was en alles sien gebeur het, het die verdagte agternagesit. Met die hulp van gemeenskapslede het hy die verdagte vasgetrek en in hegtenis geneem. Die verdagte het na bewering sy inhegtenisneming teëgesit en probeer om die verkeersbeampte met 'n mes te steek. In reaksie hierop het die beampte die verdagte in die linkerknie geskiet.

Volgens die polisiewoordvoerder in Erongo, inspekteur Ileni Shapumba, was die verdagte na bewering aggressief en het die verkeersbeampte se dienspistool gegryp, dit in sy rigting gerig en probeer skiet. Die vuurwapen het glo vasgehaak. Die verdagte (43) is met 'n koeël in die knie in die Walvisbaai-staatshospitaal opgeneem. Hy staan tereg op 'n klag van roof, teenstand teen wettige inhegtenisneming en die rig van 'n vuurwapen.

Shapumba het bevestig dat die 37-jarige verkeersbeampte op 'n klag van poging tot moord tereg staan, maar is nog nie in hegtenis geneem nie, hangend ’n besluit van die aanklaer-generaal of hy in hegtenis geneem moet word al dan nie.

“Ons bedank die vrou vir die omgeegebaar teenoor die kinders. Ons loof die gemeenskapslede vir hul ondersteuning aan ons verkeersbeampte om die verdagte vas te trek. Hul voortdurende optrede is inderdaad prysenswaardig.”

Hy het bygevoeg dat hierdie voorval, tesame met onlangse voorvalle waarin verdagtes tydens aanvalle en rooftogte beserings opgedoen het, as herinnering aan die voornemende potensiële misdadigers moet dien dat niemand hul optrede goedkeur nie.

“Hoewel ons die gebruik van onnodige of onredelike geweld teen verdagtes tydens inhegtenisneming ontmoedig, waarsku ons oortreders om nie misdade te pleeg nie,” het hy gesê.

Kommentaar

Republikein 2025-01-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 31° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 15° | 30° Windhoek: 16° | 29° Gobabis: 20° | 35° Henties Bay: 17° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 20° Rehoboth: 18° | 33° Mariental: 20° | 35° Keetmanshoop: 17° | 34° Aranos: 20° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 16° | 34° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 21° | 28° Lubumbashi: 17° | 23° Mbabane: 15° | 18° Maseru: 12° | 29° Antananarivo: 18° | 26° Lilongwe: 20° | 24° Maputo: 19° | 27° Windhoek: 16° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 29° Harare: 18° | 24° #REF! #REF!