Verkrag en vermoor by troue
Die polisie in Oshikoto het 'n 24-jarige man in hegtenis geneem, ná die brutale moord op 'n 34-jarige vrou wie se liggaam Saterdagoggend in 'n plas bloed op Ondera Farm gevind is. Die vrou was 'n gas op 'n troue wat die dag sou plaasvind.
Volgens 'n polisieverslag het Petrika Axurus saam met haar twee kinders en 'n familielid na die Wells-pos gereis wat in Ondera Farm in die Quinas-kiesafdeling geleë is.
"Na bewering het die slagoffer Vrydag saam met haar kinders en 'n familielid na Ondera Farm gereis om Saterdag 'n troue hier by te woon. Met hul aankoms by die bruid se huis, was daar reeds mense wat fees gevier het. Sy het gedans en is die laaste keer deur 'n familielid gesien waar sy vir mense vir 'n sigaret gevra het. Die familielid het nie geweet waarheen sy is nie en het Saterdagoggend gesien haar twee kinders was alleen. Na bewering het iemand in die vroeë oggendure homself in die bosse gaan verlig, toe hy op 'n paar sandale afkom en sleepmerke sien. Hy het die sleepmerke gevolg en op die naakte liggaam van die slagoffer afgekom. Hy het alarm by die huis gemaak en die polisie is in kennis gestel," lui die polisieverslag.
Volgens die polisie is Axurus verskeie kere met 'n onbekende voorwerp gesteek en het sy onder meer wonde in haar nek en bors gehad. Die verdagte is Saterdag in dieselfde omgewing in hegtenis geneem en sal na verwagting in die landdroshof op Tsumeb verskyn. Axurus was 'n inwoner van Farm Ses in Guinas.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie