Die Oshikoto-goewerneur, Penda Ya Ndakolo, is bekommerd oor die verkragting van minderjariges in sy streek. Foto Argief
Die Oshikoto-goewerneur, Penda Ya Ndakolo, is bekommerd oor die verkragting van minderjariges in sy streek. Foto Argief

Verkragting van minderjariges ’n kopseer in Oshikoto

Goewerneur spreek sy kommer uit
Verkragtingsake het gedurende die laaste kwartaal van die boekjaar onder hersiening met 58% afgeneem, asook selfdoodgevalle met 21% en veediefstal met 53%.
Kenya Kambowe
Die Oshikoto-goewerneur het sy kommer uitgespreek oor ouers, voogde en bure wat minderjariges in die streek verkrag en sê dat daar van hulle verwag word om die kinders te beskerm en hulle nie leed aan te doen nie.

Penda ya Ndakolo het tydens sy onlangse streekrede gesê ondanks die misdaadstatistieke wat ’n afname toon in vergelyking met dié van verlede jaar, is dit ontstellend dat geslagsgebaseerde geweld (GBV) teenoor kinders gepleeg word deur diegene wat met hul veiligheid toevertrou is.

“Dit is goed om te sien dat verkragtingsake gedurende die laaste kwartaal van die boekjaar onder hersiening met 58% afgeneem het, selfdoodgevalle met 21%, terwyl veediefstal ook met 53% gedaal het, vergeleke met dieselfde kwartaal van die vorige boekjaar,” het Ya Ndakolo gesê.

“Hoewel dit ’n positiewe ontwikkeling is, bly die kommer dat die meeste van die GBV-sake soos verkragting teen minderjariges gepleeg word deur die mense wat veronderstel is om vir daardie kinders te sorg.

“Die oortreders van GBV is meestal familielede, voogde en bure. Dit is inderdaad ontstellend.

“Daarom herhaal ek dat ons almal ons pogings moet verdubbel om misdaad te bekamp. Kom ons gebruik verskeie middele soos opvoeding en bewusmakingsveldtogte in skole en ander openbare plekke.

“Die belangrikste is egter dat ons daarna streef om ons kinders tuis op die regte manier groot te maak. Wanneer die kinders op ’n korrekte manier grootgemaak word, sal hulle vir seker tot verantwoordelike lede van die samelewing groei.”

Oshikoto het in 2018 die hoogste aantal verkragtingsmisdade wat teen minderjariges gepleeg is, aangeteken. Dié syfer het op 39 gestaan.

Republikein se susterkoerant Namibian Sun het in Januarie berig oor hoe die polisie in die Oshikotostreek ’n saak ondersoek waarin ’n 39-jarige man daarvan beskuldig word dat hy sy tienerdogter by sy huis in die Onyaanya-kiesafdeling verkrag het.

Die 15-jarige meisie het haar pa gaan besoek, wat haar na bewering daardie aand verkrag het. Die voorval het glo in Oktober verlede jaar plaasgevind.

In Maart het die Oshikoto-polisie weer ’n saak ondersoek van ’n tienjarige meisie wat na bewering deur haar 43-jarige biologiese pa verkrag is. Die voorval het glo by Uuholamo-nedersetting in die Okankolo-kiesafdeling plaasgevind.

Destyds het die polisie-ondersoeke daarop gedui dat die verdagte die meisie die middag ná skool in die slaapkamer gevind en haar glo verkrag het.

Dit is maar een van die talle sake wat oor die jare by die Oshikoto-polisie aangemeld is.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 30° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 21° | 29° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 18° | 28° Otjiwarongo: 17° | 25° Omaruru: 19° | 29° Windhoek: 19° | 28° Gobabis: 20° | 25° Henties Bay: 17° | 21° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 18° | 22° Rehoboth: 20° | 29° Mariental: 20° | 31° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 29° Lüderitz: 16° | 27° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 16° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 29° Lubumbashi: 18° | 20° Mbabane: 19° | 30° Maseru: 17° | 19° Antananarivo: 14° | 29° Lilongwe: 19° | 24° Maputo: 26° | 40° Windhoek: 19° | 28° Cape Town: 18° | 22° Durban: 22° | 27° Johannesburg: 18° | 24° Dar es Salaam: 25° | 29° Lusaka: 18° | 24° Harare: 17° | 22° #REF! #REF!