Vier betrap met koperkabels
Tuyeimo Haidula – Vier mans is Saterdag op Tsumeb in hegtenis geneem nadat hulle in besit van sakke vol koperkabels betrap is.
‘n Veiligheidswag het glo onraad vermoed toe hy die verdagtes met die sakke gesien loop het. Die wag het die verdagtes deursoek en die koperdrade in die sakke gevind, waarna hy onmiddellik die polisie in kennis gestel het. Die polisie het die verdagtes, onderskeidelik 29, 31, 48 en 31 jaar oud, ondervra.
Die Oshikotostreek se polisiebeampte vir gemeenskapsake, insp. Ellen Nehale, het bevestig dat die sekuriteitswag die verdagtes vasgetrek het.
“Hulle kon nie ‘n bevredigende antwoord bied oor hoekom hulle in besit van die koperdrade was nie,” het Nehale gesê. Sy sê die waarde van die koperdraad moet nog bepaal word.
Die verdagtes word tans op Tsumeb in die polisieselle aangehou en sal na verwagting vandag in die dorp se landdroshof verskyn.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie