Ter illustrasie
Ter illustrasie

Vier mense tydens rooftogte aangerand

Misdaad
Tanja Bause
Sewe verdagtes het glo Vrydag omstreeks 21:20 by ’n huis in Academia in Windhoek ingebreek en die egpaar en hul twee minderjarige kinders met messe gedreig.

Die slagoffers is glo verskeie kere geklap en een is met ’n mes in die gesig gesny, terwyl die rowers waardevolle items geëis het. Die mans het met drie skootrekenaars, een televisiestel, drie selfone en N$500 kontant op die vlug geslaan.

• Vrydag omstreeks 03:00 het verdagtes ’n 50-jarige Zambiese man in Sibbinda in Katima Mulilo aangeval. Hulle het hom geskop en toe hy neergeval het, het hulle die punt van sy tong met ’n mes afgesny. Hulle het met N$100 op die vlug geslaan. Na bewering is een van die verdagtes ’n Angolese burger.

• Drie verdagtes het ’n vrou met ’n mes en panga om 21:45 in Ruacana se informele nedersetting Etunda gedreig, aangerand en beroof. Hulle het glo die panga gebruik om haar linkerhand oop te sny. Die verdagtes het met haar selfoon, kontant van N$90, sonbrille, hoed en skoene op vlug geslaan. Die gesamentlike waarde van die gesteelde items is N$4 700.

• Twee vroue en een man het glo tussen Maart 2001 en 23 Februarie 2022 N$77 179.27 van die Furnmart Nkurenkuru tak gesteel. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

• Saterdag omstreeks 23:00 het verdagtes by die Nigeriese ambassade in Eros in Windhoek ingebreek. Hulle het glo oor die muur geklim en die deur na die raadsaal oopgebreek. Hulle het 19 stoele en ses tafels ter waarde van N$35 000 gesteel.

• Tussen 21 en 26 Februarie het ’n verdagte glo 27 houtskoolpotte ter waarde van N$228 000 gesteel en aan ’n Indiese burger verkoop. Na bewering is slegs ’n paar stukke skrootmetaal van die potte gevind.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!