Voormalige Brave Warrior-speler vas oor veediefstal
’n Voormalige Brave Warrior- en African Stars-sokkerspeler is Dinsdagaand in hegtenis geneem nadat ’n beeskarkas in sy besit gevind is.
Die Bramaan-karkas ter waarde van sowat N$15 000, is omstreeks 22:00 op die C23-pad naby Dordabis in ’n voertuig gevind met net die bestuurder (voormalige sokkerspeler) in die voertuig.
Vier werkers van die plaas Brack, waar die bees na bewering gesteel is, is later ook in hegtenis geneem.
Volgens die polisie se verslag behoort die voertuig aan ’n polisiebeampte van die direktoraat vir Baie Belangrike Persone (BPP’s).
Die vyf verdagtes sal na verwagting môre in die landdroshof in Katutura verskyn.
Foto verskaf

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie