Voortvlugtende Rebebe vasgetrek
Polisie ontvang wenk
Nadat hy byna twee maande voortvlugtig was, is Nico Rebebe gister in hegtenis geneem.
Kenya Kambowe – Nadat hy die polisie vir sowat 54 dae ontduik het, het die “straatslim” bankwerker, Nico Hijendepi Rebebe, wat na bewering probeer het om N$200 miljoen uit Bank Windhoek se Opuwo-tak – waar hy gewerk het – te steel, is gister by sy meisie se huis in hegtenis geneem.
Die polisiebevelvoerder in die Kunenestreek, komm. James Nderura, het dit bevestig en gesê die polisie het Rebebe gister omstreeks 07:00 in Opuwo se Tuzemba-nedersetting gearresteer.
Nderura het gesê die polisie het ’n wenk ontvang van ’n bron na aan Rebebe se lewensmaat. Sy het glo die persoon in haar vertroue geneem en gesê die verdagte is in die omgewing en dat hy hom aan die polisie wou oorgee.
Nderura het gesê die polisie het vinnig opgetree en na die ligging gegaan soos deur die bron verskaf is en Rebebe is gevolglik in hegtenis geneem. Rebebe sal na verwagting vandag of Maandag in die Opuwo-landdroshof verskyn.
Hy het verder gesê dat Rebebe nie in Opuwo weggekruip het nie.
“Hy was nie in Opuwo nie, hy was iewers anders. Hy het waarskynlik die dag voor sy arrestasie teruggekom,” het Nderura gesê.
Gerugte het die ronde gedoen dat Rebebe na Angola gevlug het.
Wat die verdagte se geestelike en fisieke gesondheid betref, het Nderura gesê hy lyk goed.
Republikein se susterkoerant Namibian Sun het sedert 13 Januarie deurgaans oor Rebebe se beweerde bedrog berig toe hy na bewering probeer het om N$200 miljoen van Bank Windhoek se Opuwo-tak te steel waar hy as administratiewe klerk werksaam was.
Die geld is na bewering in verskeie bankrekeninge inbetaal; hy het glo opdrag aan ander mense gegee om die rekeninge oop te maak.
Agt mense – wie se bankrekeninge glo deur Rebebe gebruik is om meer as N$2 miljoen van die gesteelde geld oor te betaal – is intussen in hegtenis geneem.
Van die agt is twee in Opuwo in hegtenis geneem terwyl die ander ses in Rundu gearresteer is. Hulle het gesê Rebebe het hulle werk belowe en is opdrag gegee om bankrekeninge om dié rede oop te maak.
Nadat die “werknemers” glo die rekeninge oopgemaak het, het Rebebe na bewering hulle bankkaarte gekonfiskeer. Hy het toe glo N$500 000 in die rekeninge van Joao Limbo Joseph, Kamberuka Mukoso Lukas en Lukas Ihemba geplaas en na bewering N$200 000 in die rekeninge van Mathias Mukuve Kanyanga, Daniel Kusumwa Goncalves en Linyando Kandjimi inbetaal.
Dit is onduidelik of nog arrestasies gemaak sal word.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie