Me. Charmaine Saron van Rehoboth se liggaam is agter die Hosianna Lutherse Kerk in Katutura gevind. Foto Facebook (Hosianna Lutheran Parish)
Me. Charmaine Saron van Rehoboth se liggaam is agter die Hosianna Lutherse Kerk in Katutura gevind. Foto Facebook (Hosianna Lutheran Parish)

Vrou 24 keer met mes toegetakel

Die liggaam van die 28-jarige me. Charmaine Saron is die afgelope Donderdag agter die Hosianna Lutherse Kerk in Katutura gevind.

Volgens die nadoodse ondersoekverslag is die oorledene 24 keer met ’n mes gesteek. Saron se suster het die liggaam uitgeken en gesê Saron, wat op Rehoboth gewoon het, het eers drie weke gelede na Windhoek gekom vir opleiding as assistentverpleegster. Volgens haar familie is sy laas op Woensdag 8 Junie gesien toe sy omstreeks 22:43 die huis verlaat het.

Die oorledene laat vier kinders tussen die ouderdomme van twee en 12 jaar agter.

Volgens die bevelvoerder van die Namibiese polisie (Nampol) in die Khomasstreek, komm. Ismael Basson, is daar nog geen verdagtes geïdentifiseer nie en is die motief vir die moord nog onbekend. Geen motief van ’n seksuele aard word egter vermoed nie. Die polisie se ondersoek duurvoort.– [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 33° Rundu: 23° | 39° Eenhana: 24° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 21° | 36° Tsumeb: 25° | 37° Otjiwarongo: 19° | 34° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 18° | 32° Gobabis: 19° | 32° Henties Bay: 14° | 18° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 17° | 30° Mariental: 13° | 29° Keetmanshoop: 9° | 28° Aranos: 16° | 30° Lüderitz: 13° | 28° Ariamsvlei: 10° | 27° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 37° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 35° Maseru: 13° | 26° Antananarivo: 16° | 29° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 21° | 41° Windhoek: 18° | 32° Cape Town: 15° | 19° Durban: 16° | 22° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 19° | 29° Harare: 17° | 25° #REF! #REF!