Crime
Crime

Vrou agter tralies vir onwettige petrol

Tuyeimo Haidula
'n Vrou (32) is in hegtenis geneem nadat sy by die Uuye-Wakapoko-nedersetting in Ondangwa in besit van 200 liter petrol sonder die nodige permit deur 'n plaaslike owerheid betrap is. Die Oshanastreek se koördineerder van misdaadondersoeke, adj. komm. Frederick Ndjadila sê die verdagte is Sondag omstreeks 17:30 geregistreer. Sy is na bewering in besit van die petrol betrap terwyl sy 'n passasier in 'n voertuig was en het glo vyf 25 liter houers petrol met 'n waarde van N$2 500 by haar gehad.

Ndjala sê die verdagte is aangekla van die oortreding van regulasie 3(1) wat saam met afdeling 21 van die wet vir petroleumprodukte en energie gelees word. Volgens hom is die vrou nog nie formeel aangekla nie en duur die polisie se ondersoek voort.

Kommentaar

Republikein 2025-01-09

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 26° Rundu: 19° | 34° Eenhana: 22° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 21° | 34° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 19° | 33° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 22° | 32° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 16° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 17° | 21° Rehoboth: 22° | 33° Mariental: 22° | 35° Keetmanshoop: 19° | 34° Aranos: 22° | 34° Lüderitz: 16° | 29° Ariamsvlei: 19° | 35° Oranjemund: 16° | 25° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 21° | 28° Lubumbashi: 17° | 22° Mbabane: 18° | 28° Maseru: 18° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 19° | 24° Maputo: 23° | 34° Windhoek: 22° | 32° Cape Town: 19° | 23° Durban: 22° | 28° Johannesburg: 17° | 24° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 18° | 25° Harare: 17° | 21° #REF! #REF!