polisie
polisie

Vrou in aanhouding, nadat sy minderjarige aanrand

Henriette Lamprecht
'n Nege-en-dertigjarige vrou is in hegtenis geneem en word tans by die Wanaheda-polisieselle in Windhoek aangehou, nadat sy na bewering ‘n 12-jarige meisie wat in haar sorg was, erg aangerand het. ‘n Video waarin die minderjarige aangerand word en waarin sy fisiese bewyse van mishandeling en verwaarlosing toon, is wyd op sosiale media versprei. Die meisie is in die Katurura-staatshospitaal opgeneem. Die klaagster en biologiese ma van die meisie het die klag van aanranding teen die vrou gelê in wie se sorg sy haar dogter gelaat het. Volgens die ma kan sy nie self na haar dogter omsien nie, omdat sy haar vyf jonger kinders moet versorg. Die saak word ondersoek.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!