Vrou sluk glo meer as 65 dwelmpakkies
’n Namibiese vrou wat glo saam met haar Nigeriese kêrel in Brasilië gaan vakansie hou het, is Sondag in Suid-Afrika vir beweerde dwelmsmokkelary in hegtenis geneem.
Die 30-jarige vrou is op die OR Tambo Internasionale Lughawe in hegtenis geneem en het na bewering 68 dwelmpakkies in haar maag gehad.
Die woordvoerder van die Namibiese polisie, adj.komm. Kauna Shikwambi, het die vrou as Pauline Mbangula geïdentifiseer. Mbangula het na bewering ’n vlug vanaf Luanda in Angola na Brasilië geneem.
Tydens ’n onderhoud met die nasionale uitsaaier (NBC) se Gordon Joseph het Mashadi Selepe, die woordvoerder van die Suid-Afrikaanse polisie (SAPS), Mbangula gebaseer op versamelde waarnemings, beskryf as iemand met ’n “brose houding en wat weerloos” gelyk het.
Die SAPS, immigrasiebeamptes en die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het ’n wenk ontvang dat ’n dwelmmuil op 22 September om 07:25 op ’n vlug uit São Paulo, Brasilië, op OR Tambo sou land. Volgens Selepe is Mbangula vervolgens in hegtenis geneem en na ’n hospitaal geneem waar X-strale die teenwoordigheid van vreemde voorwerpe in haar maag bevestig het.
Teen gister is 68 pakkies van vermoedelik kokaïen reeds uitgehaal. Selepe sê dit blyk Mbangula is deel van ’n groter sindikaat.
Volgens navorsing behels hierdie gevaarlike metode van smous die inname van dig toegedraaide dwelmpakkies, dikwels gemaak van lateks of plastiek, wat in die maag of ingewande gestoor word om opsporing tydens reise te vermy.
Die praktyk hou egter aansienlike gesondheidsrisiko’s in omdat enige skeur of lekkasie ernstige komplikasies of selfs die dood kan veroorsaak as gevolg van die toksisiteit van die dwelms. Volgens die SAPD is die waarde van die dwelms nog nie vasgestel nie.
Generaal Fannie Masemola, die nasionale kommissaris van die SAPD, het die multidissiplinêre span se waaksaamheid in die bekamping van misdaad by OR Tambo geloof.
“Ons mans en vroue in blou is hard besig om geharde misdadigers te onderskep. Suid-Afrika is nie ’n speelplek vir misdadigers nie, en ons verklein die ruimte vir transnasionale georganiseerde misdaad,” het hy gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie