Vrou steek glo haar man se ‘minnares’ aan die brand
Maak eerste hofverskyning
Me. Isabella Eises (38) het gister haar eerste verskyning in die landdroshof op Keetmanshoop gemaak nadat sy die afgelope naweek na bewering petrol oor die 32-jarige me. Linda de Wee gegooi en haar aan die brand gesteek het.
De Wee is die volgende dag aan haar brandwonde dood.
Op Sondag 9 Oktober het Eises, ‘n inwoner van die dorp Gainachas in die Berseba-kiesafdeling in die ||Kharasstreek, glo uitgevind dat haar man en die oorledene ‘n verhouding gehad het, wat omstreeks 08:15 die oggend tot die voorval met die petrol gelei het.
Die slagoffer is met ernstige brandwonde oor 60% van haar liggaam na die Katatura-staatshospitaal in Windhoek geneem waar sy Maandag aan haar beserings dood is.
Eises staan tereg op ‘n klag van moord en sal vir 'n private prokureur aansoek doen.
Die beskuldigde sal in aanhouding bly terwyl die saak verder ondersoek word. Sy sal op 10 November in die hof verskyn vir voorverhoorverrigtinge.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie