No Image Caption

Vrou steek haarself glo met mes dood

Misdaadverslag
'n Man met epilepsie val na bewering in vuur en brand dood.
Tuyeimo Haidula
Me. Jacobina Nghishitivali se kind het haar liggaam Donderdag in haar slaapkamer in die Oshimumu-nedersetting in die Ohangwenastreek gevind. Voorlopige ondersoeke dui daarop dat sy haarself een keer in die maag en twee keer in die nek met twee verskillende messe gesteek het. Nghishitivali het die een mes altyd in haar broeksak saam met haar gedra. Sy het glo ook ’n nota agtergelaat om te sê wie haar eiendom erf. ’n Voorval van selfdood word ondersoek.

*’n Man het na bewering Vrydag in die Onavivi-nedersetting in Omusati doodgebrand toe hy ’n epileptiese aanval gekry het terwyl hy oor ’n oop vuur gekook het. Die pensioenaris Paulus Kukengwa het glo in die vuur geval en doodgebrand. Kukengwa wat gereeld epileptiese aanvalle gekry het, is verlede Woensdag laas by ’n cucawinkel gesien. Volgens die Namibiese polisie woon hy alleen en is sy liggaam Vrydag ontdek.

ONGELUKKE

Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag is mnr. Quintin Keys (55) Vrydag op die toneel van ’n kop-teen-kop-botsing op die Kupferberg-pad dood. Die ongeluk het volgens die polisie weens stowwerige toestande sowat 15 kilometer buite Windhoek gebeur.

*Die bestuurder van ’n sewesitpleksedanvoertuig het probeer om ’n botsing met ’n bok te vermy en beheer oor die voertuig verloor. Die voertuig het omgeslaan en die 27-jarige me. Maria Simon is op die ongelukstoneel dood. Die ongeluk het naby die Ohandjombali-nedersetting op die hoofpad tussen Eenhana en Okongo plaasgevind.

KINDERS

Die tweejarige Immanuel Mwatelulo het Vrydag na bewering by sy huis in ’n emmer water verdrink. Die voorval het in die Oshalushu-nedersetting plaasgevind.

*Die liggaam van ’n baba is Saterdag omstreeks 08:15 in ’n munisipale vullisdrom in Ottawastraat in Otjomuise gevind. Die liggaam was in plastiek toegedraai.

*In Nkurenkuru is die ses weke oue Ndara Ngeve met haar aankoms by die hospitaal dood verklaar. Bloed en skuim het glo by haar neus uitgekom.

*Nog ’n baba Tjhinga Tjimantu (3 maande) is met sy aankoms by die Bunya-gesondheidsentrum in Bunya dood verklaar. Die oorsaak van sy dood is nog nie bekend nie en die ondersoek duur voort.

VERKRAGTING

’n Sewentienjarige man het na bewering ’n 56-jarige vrou Vrydag omstreeks 22:00 in die Iikekele-nedersetting by Okatope verkrag. Die vrou was glo op pad huis toe, toe die man haar gegryp, neergegooi en verkrag het. Sy kon om hulp roep en die bure het na die toneel gehaas. Die man het haar handsak gegryp en op die vlug geslaan. Hy is Saterdag in hegtenis geneem.

Kommentaar

Republikein 2025-01-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 30° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 19° | 33° Oshakati: 23° | 32° Ruacana: 20° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 21° | 31° Omaruru: 24° | 33° Windhoek: 23° | 31° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 18° | 23° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 18° | 22° Rehoboth: 24° | 35° Mariental: 26° | 39° Keetmanshoop: 25° | 40° Aranos: 26° | 39° Lüderitz: 19° | 31° Ariamsvlei: 25° | 40° Oranjemund: 17° | 25° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 24° | 37° Lubumbashi: 15° | 21° Mbabane: 16° | 28° Maseru: 17° | 33° Antananarivo: 18° | 23° Lilongwe: 19° | 26° Maputo: 23° | 34° Windhoek: 23° | 31° Cape Town: 20° | 28° Durban: 22° | 27° Johannesburg: 18° | 32° Dar es Salaam: 27° | 32° Lusaka: 17° | 27° Harare: 16° | 28° #REF! #REF!