ASSAULTED TO DEATH: Generic police photo. FILE
ASSAULTED TO DEATH: Generic police photo. FILE

Vrou vermoor man glo oor sigaret

Mariud Ngula
’n Man van Keetmanshoop is verlede week by ’n plaaslike sjebien doodgesteek nadat hy ’n 28-jarige vrou vir ’n sigaret gevra het. Luidens ’n verslag van die Namibiese polisie het die 31-jarige slagoffer glo die kroeg in die informele nedersetting Ileni besoek waar hy ’n groep vroue teëgekom het. Nadat hy vir ’n sigaret gevra het, het een van die vroue glo kwaad geword en ’n argument met die slagoffer begin wat daartoe gelei het dat sy hom twee keer in die bors en in die skouer gesteek het. Die polisie het die man na die hospitaal geneem en die verdagte is in hegtenis geneem.

SKARE VAL SJEBIEN-EIENAAR AAN

In ’n afsonderlike voorval in die informele nedersetting Iikang in die Oshikotostreek het ’n groep inwoners Vrydag ’n 67-jarige sjebien-eienaar aangeval. Hulle het haar glo met stokke geslaan en haar besittings aan die brand gesteek.

Volgens die polisieverslag was die skare ontsteld aangesien gerugte die rondte gedoen het dat die vrou haar klante vergiftig het. Die polisie het die slagoffer na die Onandjokwe-staatshospitaal geneem en hoewel agt verdagtes in hegtenis geneem is, beweer die polisie dat die hoofverdagte steeds op vrye voet is.

LIGGAAM IN SWAKOPMUND GEVIND

Die lewelose liggaam van ’n man van Swakopmund is Sondag deur ’n verbyganger in ’n hoop sand naby die Mondesa-begraafplaas ontdek.

Volgens die polisie het ’n veiligheidswag die slagoffer Saterdag laas by die Hero Bar gesien. Die lyk is met verskeie steekwonde gevind en ’n bebloede klip is ook op die toneel gevind. Die klip is vermoedelik in die aanval gebruik. Die polisieondersoek duur steeds voort.

MAN DOODGESLAAN

’n Man is Saterdag in Windhoek by die “vierrigting” in Havana doodgeslaan. Die polisie sê ’n taxibestuurder het hulle van ’n rooftog in die omgewing ingelig en polisiebeamptes is daarheen ontbied toe hulle die slagoffer op die grond sien lê het. Sy neus het glo gebloei en ’n ambulans het hom na die hospitaal gehaas. Hy is egter met sy aankoms dood verklaar.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!