No Image Caption

Vroue besteel glo dorpsraad

Iréne-Mari van der Walt
Twee 39-jarige vroue het die Karibib-dorpsraad glo tussen September 2022 en September 2023 uit honderde duisende Namibiese dollar bedrieg.

Die hoof van misdaadondersoeke in die Erongostreek, adj.komm. Erastus Ikuyu, het in ’n verklaring gesê N$315 640,07 word vermis.

“Ons het N$2 040 teruggekry. Ndatoolewe Mwahafa, ’n kassier, en Anna-Mary Mutilifa, ’n rekenmeester, is in hegtenis geneem en het op 22 Februarie in die landdroshof op Karibib verskyn,” het Ikuyu verder gesê.

Die verdagtes het glo die dorpsraad bedrieg deur kansellasies op die stelsel te maak vir betalings wat deur talle gemeenskapslede gemaak is vir dienste wat wissel van verkope van sand, geskiktheidsertifikate, voorafbetaalde water, bouplanne en ook geld van die tellermasjien wat in kontant betaal is vir hul voordele.

Die verdagtes is borgtog van N$20 000 elk toegestaan en die saak is tot 29 April vir verdere ondersoek uitgestel.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!