rhino poaching
rhino poaching

Vyftien renosters vanjaar gestroop

Wildlife Justice Commission reik verslag uit
Van die 87 renosters wat verlede jaar gestroop is, was 61 swartrenosters en 26 witrenosters.
Ellanie Smit,Tanja Bause
Ellanie Smit – Altesaam 15 renosters is vanjaar gestroop, teenoor 87 in 2022 en 45 in 2021.

Die laaste renoster is tussen 1 en 28 April op ’n private plaas in die Grootfontein-omgewing gestroop. Die karkas is eers verlede week ontdek en die ondersoek dui daarop dat die dier twee keer met ’n jaggeweer geskiet is.

Die woordvoerder van die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme, Romeo Muyunda, het die voorval bevestig en gesê die ondersoek is nog aan die gang en dat niemand nog in hegtenis geneem is nie.

Verlede jaar se syfer is die derde hoogste sedert 2013 en word net oortref deur die 97 renosters wat in 2015 gestroop is. Van die 87 renosters wat verlede jaar gestroop is, was 61 swartrenosters en 26 witrenosters, en 46 van daardie renosters is in die Etosha Nasionale Park gestroop. In 2022 is 15 renosters op bewaringsplase gestroop en nog 25 witrenosters op private plase.

Die Wildlife Justice Commission (WJC) het onlangs in ’n verslag gesê dat Viëtnamese kriminele netwerke die leemte vul wat gelaat is deur die verwydering van Chinese netwerke in Namibië, Suid-Afrika, die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK), Angola en Mosambiek.

“Net in Suid-Afrika oorheers Chinese netwerke steeds die onwettige handel in renosterhoring.”

Sedert sy stigting in 2015 het die WJC aan 16 ondersoeke – wat oor verskeie jare gestrek het – gewerk wat renosterverwante misdade in Viëtnam, China, Maleisië, Laos, Namibië, Suid-Afrika, Mosambiek, DRK, Thailand, Angola en Kambodja behels.

Volgens die verslag is dit moeilik om te kwantifiseer hoeveel renosterhorings wettiglik gestoor word aangesien min lande hul voorraadsyfers in die openbaar bekendmaak. Die mees onlangse syfer dui egter daarop dat meer as 87 ton renosterhorings en -stukke in tien Afrika-gebiede gestoor word.

Die ontleding van beslagleggingsdata het glo ook getoon dat Maleisië na vore getree het as ’n belangrike deurgangspunt vir die handel in renosterhoring vanaf Afrika na Asië. Dit word verbind met beslagleggings wat vanaf Uganda, Mosambiek, Namibië en Suid-Afrika afkomstig is.

Data toon verder daar is gedurende 2020-’21 beslag gelê op 83 kilogram Namibiese renosterhorings.

Verder het die verslag ook getoon dat gestroopte horings steeds ’n sleutelbron vir die onwettige voorsieningsketting is, hoofsaaklik uit Suid-Afrika waar die koers vir stropery hoog bly ondanks die afname van 50% sedert ’n hoogtepunt in 2014, maar ook uit ander sleutellande, insluitend Botswana, Namibië en Zimbabwe.

Volgens inligting wat deur die WJC ingesamel is, blyk dit dat smokkelaars in die DRK hul horings kry van renosters wat in Kenia, Namibië en Botswana gestroop is, en sommige het Zambië as ’n deurgangspunt gebruik om horings te berg en te konsolideer.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!