Wildmisdaadprojek van stapel gestuur
Sal na raming N$96 miljoen kos
Die projek sal voorsiening maak vir opleiding rakende wildmisdaad sowel as die voorsiening van toerusting vir wetstoepassers en intelligensiedienste.
’n Ses jaar lange mens-dier-konflik- en wildmisdaadprojek, wat na raming sowat N$96 miljoen sal kos, is van stapel gestuur.
Die minister van die omgewing, bosbou en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, het gesê ’n lae toelaaggerief word beplan, wat gemeenskappe sal ondersteun om ondernemings te ontwikkel wat hulle sal help om voordeel uit wild te trek.
“Ek is oortuig daarvan dié geleentheid sal vertroosting bring vir diegene wat net die negatiewe kant van wild gesien het en nog nie die positiewe kant nie – met die hoop dat dit sal bydra tot ’n verandering in houding teenoor wild en uiteindelik mens-dier-konflik sal verminder,” het hy gesê.
Volgens Shifeta sal die projek daarop gemik wees om wildbewaring te bevorder deur die proaktiewe bestuur van mens-dier-konflik en wildmisdade, terwyl dit gelyktydig wildgebaseerde voordele aan landelike gemeenskappe in geteikende brandpuntgebiede sal lewer.
Hierdie gebiede sluit noord-sentrale Namibië in wat die Etosha Nasionale Park insluit; die noordweste (of Kunene); en die noordooste wat die Bwabwata-Mudumu Nasionale Park insluit en gedeeltelik binne die Kavango-Zambezi-oorgrensbewaringsgebied val.
NOOD EN ARMOEDE
Volgens die minister word mens-dier-konflik meestal deur gemeenskappe en boere ervaar wat met wild saamleef, en dit tref hulle baie hard – tot hulle in nood en armoede beland.
“Baie mense wat die pyn ervaar het van veeverlies of skade wat deur wild veroorsaak is, voel uiteindelik hulpeloos en sien nie die voordeel daarvan om met hierdie diere saam te leef nie. Dit is egter byna onmoontlik om die twee van mekaar te skei aangesien hulle op een of ander manier altyd saam of naby mekaar sal woon.”
Hy het bygevoeg dat mens-dier-konflik meestal die gevolg is van menslike indringing van wilddeurgange of -habitatte, wat vee, menselewens en eiendom aan plundering, verlies en skade blootstel.
“Wilde diere trek ook na kommunale en kommersiële gebiede op soek na water en lewende hawe om van te leef, veral as hul getalle afneem.”
In 2021 is 590 gevalle van mens-dier-konflik aangemeld waartydens tien mense hul lewens verloor het. In weerwraak maak mense die wilde diere dood, het hy gesê en bygevoeg dit vererger nie net die verlies aan biodiversiteit nie, maar het ook ’n negatiewe impak op die ekonomie aangesien sommige spesies wat vrek gemaak word, waardevol is en tot toerisme en die ekonomie bydra.
OPLEIDING
Die projek sal voorsiening maak vir opleiding rakende wildmisdaad sowel as die voorsiening van toerusting vir wetstoepassers.
Opleiding sal ook aan die ondersoekeenheid verskaf word om raamwerke te ontwikkel om wildmisdaad te takel, en daar sal in die monitering van renosters en olifante belê word. Die implementering van die projek is die verantwoordelikheid van die omgewingsministerie, terwyl die Global Environmental Facility die totale begroting sal medefinansier.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie