Die karkas van die agtjarige witrenosterbul. Foto verskaf
Die karkas van die agtjarige witrenosterbul. Foto verskaf

Witrenosterbul in Okahandja-distrik gestroop

Francoise Steynberg
'n Witrenosterbul se karkas is gistermiddag op ‘n plaas in die Okahandja-distrik gevind nadat hy aanvanklik deur stropers gekwes is.

Die gekweste bul is verlede week op die plaas ontdek. Twee veeartse het die plaas besoek om die agtjarige renoster te behandel nadat hy deur die stropers in die voorkop geskiet is.

Die eienaar van die plaas het aan NMH gesê hy het nog Sondag omstreeks 18:00 oor die plaas met sy girokopter gevlieg en die bul lewend gesien.

“Maandag omstreeks 12:00 het ek sy karkas - min of meer op dieselfde plek as waar hy Sondagaand was - ontdek, asook die voetspore van die stropers," het die eienaar gesê.

Lede van die Blue Rhino-taakspan is op pad na die plaas om die saak te ondersoek. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-08-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Vodacom Bulls 47 vs 24 Suzuki Griquas LaLiga: Sevilla 1 vs 2 Villarreal | Celta Vigo 3 vs 1 Valencia European Championships Qualifying: Sheffield Wednesday 0 vs 2 Leeds United English Championship: Sheffield Wednesday 0 vs 2 Leeds United #N/A Currency: GBP to NAD 23.36 | EUR to NAD 19.81 | CNY to NAD 2.49 | USD to NAD 17.71 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.22 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 133.38 | USD to AOA 903.99 | USD to BWP 13.36 | USD to EGP 48.73 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1591.97 | USD to ZAR 17.71 | USD to ZMW 26.05 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1828.84 Down -1.06% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13954.07 Up +0.19% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30141.08 Up +0.76% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9622.52 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 512.49/OZ UP +1.00% | Copper US$ 4.22/lb UP +1.65% | Zinc US$ 2 934.50/T UP 0.16% | Brent Crude Oil US$ 79.12/BBP UP +2.20% | Platinum US$ 961.65/OZ UP +1.72% #N/A